Friday 29 November 2013

KAASKOEKPIRAMIDE


Kaaskoekpiramide

Maak hierdie inoverende en genotvolle kaaskoek resep. Gebruik Bakers Tennis beskuitjies, baie lemoengeursel en glanskersies. Drup met gesmelte sjokolade vir ‘n ekstra spesiale verassing.
Bedien 6 – 8.
125 g botter
250 ml strooisuiker
1 klein eier
250 g geroomde maaskaas
10 ml gerasperde suurlemoenskil
15 ml suurlemoensap
15 Bakers Tennis beskuitjies
15 geglaseerde kersies
200 g wit sjokolade (opsioneel)
Klop die botter en suiker saam tot lig van kleur. Voeg die eier by en klop goed. Meng die maaskaas, suurlemoenskil en -sap by. Indien nodig moet die mengsel in die yskas geplaas word om stewiger te raak.
Rangskik die Bakers Tennis beskuitjies in drie rye van vyf op ’n groot stuk foelie. Maak seker dat die bo-kant van die koekies na die foelie toe wys. Smeer die maaskaasmengsel op die beskuitjies. Rangskik die kersies in ’n reguit lyn in die middel. Lig die beskuitjies van die buitekant af na binne met die hulp van die foelie. Vou na mekaar om ’n driehoek te vorm. Draai die kaaskoek stewig in die foelie toe en vries.
Haal die kaaskoek uit die vrieskas (net voor opdiening) en verwyder die foelie. Indien jy sjokolade gebruik, smelt die sjokolade en smeer dit oor die koek. Laat staan die koek ’n paar minute sodat die sjokolade kan stol. Sny die koek dan in skyfies en bedien dadelik.
NS: Hierdie is ongetwyfeld een van die mees voortreflikste kaaskoeke wat nog ooit geskep is deur Bakers Tennis beskuitjies te gebruik. Wys jou net – tradisie het beslis ’n plek in die toekoms!* .bakers.co> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/kaaskoekpiramide.html




DRIEHOEKKAASKOEK       


187,5 ml Suiker
250 g Botter
1 Eier
5 ml Vanilla
1 ml Sout
1 bakkie Roomkaas
1 pak Tennisbeskuitjies Sjerrie of Soetwyn

Bo-laag:
1 blok Sjokolade
25ml Kookwater
12,5 ml Kakao

Room suiker en botter. Voeg geklitste eier, geursel en roomkaas by. Klop goed. Pak beskuitjies in drie rye op foelie. Smeer een derde van die mengsel op die beskuitjies wat met sjerrie besprinkel is. Herhaal laag beskuitjies en res van vulsel. Pak ‘n ry kersies in die middel en vou die beskuitjies met die foelie in ‘n driehoek vorm. Plaas in vrieskas vir 2 ure.
Smeer bo- laag oor.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/kaaskoekpiramide.html

No comments:

Post a Comment