Friday 29 November 2013

MURGPAMPOENPYPIES



Murgpampoenpypies

Klim op die vleislose Maandag trein met die watertand groente gereg! Selfs die kinders sal hulle verlustig aan hierdie groente en pasta ete gemaak met Bakers Vitasnack Volkoring kraakbeskuitjies!
Bestandele
90 ml Bakers VitaSnack Wholewheat Crisps
30 ml olyfolie
1 klein ui, fyngekap
250 ml fyngekapte of gerasperde wit sampioene
5 ml fyngekapte knoffel
65 ml gerasperde parmesaankaas
sout en gemaalde swartpeper
knippie fyn neutmuskaat
15 ml fyngekapte pietersielie
8 – 10 murgpampoentjies
325 ml voorbereide hoenderaftreksel
375 ml voorbereide kaassous, opgewarm
dun skyfies parmesaankaas
klein basiliekruidblare
Instruksies
Verkrummel die Bakers VitaSnack Wholewheat Crisps in ’n voedselverwerker tot fyn. Sit eenkant tot benodig.
Verhit die olie in ’n pan en voeg die ui by. Soteer vinnig en voeg die sampioene by. Braai tot gaar en voeg die knoffel en gerasperde parmesaan by. Geur na smaak en roer die pietersielie en krummels by. Sit eenkant tot afgekoel.
Verwyder byna al die murgpampoentjies se binneste met ’n appelontpitter. (Hou die binnekos vir ’n sop of bredie). Vul elke holte met die sampioenmengsel. Bring die aftreksel tot kookpunt en posjeer die murgpampoentjies tot net aldente. Haal die murgpampoentjies uit die aftreksel en laat afkoel.
Sny die bo- en onderkante van die murgpampoentjies skuins af en sny dan middeldeur sodat jy happie-grootte stukke het. Rangskik die stukke op Chinese lepels of op ’n opdienbord.
Bedruip met warm kaassous, strooi die parmesaanskyfies bo-oor en rond af met basiliekruidblare. Bedien dadelik.
Lewer ongeveer 16 – 20.
NS: Hierdie resep sal definitief jou gaste beïndruk. As jy slegs die gesin wil voer, halveer die murgpampoentjies in die lengte, skep die pitte uit en kook in die hoenderaftreksel tot aldente. Skep die sampioenvulsel in die holtes, rasper cheddar of mozzarellakaas bo-oor en plaas in ’n warm oond vir ’n paar minute. Lekker familiekos*Bakers.com.> http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/murgpampoenpypies.html

No comments:

Post a Comment