Saturday 30 November 2013

PANGEBRAAIDE AARTAPPELS


Pangebraaide Aartappels

Hierdie gereg is baie eenvoudig, maar daar is één vangplek: Die aartappelkoek moet ’n hele tydjie in die pan bly voordat jy hom die eerste slag probeer draai. As jy ongeduldig is, gaan jy sit met iets tussen kapokaartappels en tjips…
n bietjie kookolie vir die pan (jy kan dit ook met olyfolie meng)
Benodig
8-10 middelslag-aartappels, gaar gekook met die skil aan
sout en peper na smaak
4 sprietuie, fyn gekap
Gooi ’n bietjie olie onderin ’n groot pan en kantel dit totdat die hele bodem bedek is.
Druk die aartappels met ’n fynmaker in die geoliede pan plat totdat dit ’n digte koek vorm. Gooi tussendeur sout en peper by. Maar dit moenie te sag wees nie, hoor – jy soek ’n growwe tekstuur.
Sit nou die pan op die kole en braai dit vir omtrent 20 minute of totdat die aartappelkoek se onderkant begin bruin word en die hele ding soos ’n pannekoek in die pan kan rondskuif.
Wikkel die aartappelkoek met ’n eierspaan los, sit ’n bord bo-oor en keer die hele spulletjie om sodat die koek in die bord beland.
Laat gly die omgedopte aartappelkoek terug in die pan en braai dit verder oor die vuur totdat die aartappels ’n mooi bruin kors aan al twee kante het. Strooi die sprietuie oor en sit dit warm voor.*Wegsleep
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/pangebraaide-aartappels.html

No comments:

Post a Comment