Helena Kruger
Heuningkoek
1
koppie suiker
2
eetlepels gouestroop
1
eetlepel water
2
teelepels koeksoda
Smelt
suiker, stroop en water saam.
Sodra
suiker klaar gesmelt is, laat mengsel kook tot mooi karamelkleur.
Hou
pot dop, dit brand baie gou.
Gooi
koeksoda net so droog in en sien hoe dit opblaas.
Gooi
onmiddelik op 'n gesmeerde bakplaat en laat koud word
RSG 7/10/11>http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/honeycomb.html
Heuningkoek-lekkers
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/honeycomb.html
deur Herman Lensing
(24 groot stukke)
75 g heuning
200 g (250 ml) suiker
45 ml water
10 g koeksoda
Meng heuning, suiker en water in ‘n middelslag-pot. Bring tot kookpunt en laat stadig prut tot ‘n goue karamel vorm, sowat 8 – 10 minute. Terwyl die karamel kook, plaas tinfoelie op ‘n bakplaat en spuit met kleefwerende sproei. Verwyder karamel van hitte en gooi koeksoda by. Meng vinnig deur met ‘n draadklitser en keer versigtig uit op die tinfoelie. Moenie te veel skud
of beweeg nie, die mengsel gaan ‘n goue skuim vorm. Laat dit afkoel tot hard, sowat 30 minute. Verwyder van tinfoelie en breek in growwe stukke. Sit voor as happie saam met warm melk.*Sarie*
HEUNING KOEK
300gr suiker (ek het die keer 150 gr wit strooisuiker, 100gr bruin strooisuiker en 50 gr demarara gebruik)
2 el water
2 vurkvol skeppe heuning
knippie sout
as mens nie die stroop gebruik nie kan jy vanilla ook byvoeg, die keer het ek nie.
Voor jy begin, kry jou foil pan gereed en ook draadklitser en 1tl koeksoda
Plaas suiker, water, stroop en sout in kastrol met hoe rand.
Op lae hitte smelt eers alles saam.
Laat dan prut/kook op med/lae hitte sonder om te roer.
Ek het die kastrol so nou en dan effe getuimel. Ongeveer so 5 minute, my suikermeter was by 150° C. Hou dop, dit kan skielik brand.
Haal van stoof af en gooi vinnig koeksoda egalig oor kooksel.
Roer vinnig met `n paar hale en gooi in foil bak
WENK: Oppas ook vir koeksoda klonte, sorg dat dit fyn is voor gebruik. Ek sal beslis nou met witsuiker weer probeer om te sien hoe verskil die tekstuur.Ek het so met al die lees gesien as dit sag -toffie bly is dit nie genoeg gekook nie.* Sonja Zino* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/honeycomb.html

No comments:
Post a Comment