Saturday 30 November 2013

GEBAKTE APPELS MET GEMMERKOEKIES



GEBAKTE APPELS MET GEMMERKOEKIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/gebakte-appels-met-gemmerkoekies.html
1 appel per persoon, en vir elke appel:

1 opgehoopte eetlepel bruinsuiker
5 gemmerkoekies, fyngekap
1 eetlepel botter
1eetlepel rosyntjies
Só maak jy
1 Verwyder die appels se klokhuis met ’n mes of pitboor, maar los die skil aan.
2 Meng die suiker, fyngemaakte koekies, botter en rosyntjies en stop die mengsel in die appel. Verhit intussen ’n swartpot oor matige kole.
3 Pak die appels in die pot en wag dat die suiker en botter aan die onderkant begin smelt.
4 Gooi ’n paar eetlepels water in die pot om ’n bietjie stoom te maak. Sit die deksel op en laat die appels vir sowat 10 minute prut. Loer elke nou en dan in die pot en skep die appels uit sodra dit sag is. Sit dit voor met ’n boksie vla of roomys.
WegSleep sê: As jy sukkel om die appels uit te hol, sny met ’n mes ’n blok om die klokhuis en druk dit uit. Onthou om die skil aan te los, want dit keer dat die appel uitmekaarval.*Wegsleep

No comments:

Post a Comment