Saturday 23 November 2013

PAP EN WORS PIZZA


Pap en Wors Pizza

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/pap-en-wors-pizza.html

500 ml (2 k) pap
200 g sagte mozzarellakaas, in dun skywe gesny
200 g boerewors, in stukkies gesny en gaargemaak
250 g babatamaties
2 knoffelhuisies, fyngedruk
60 ml (¼ k) olyfolie
sout en vars gemaalde swartpeper
’n hand vol roketblare
45 ml (3 e) balsemieke reduksie

1    Voorverhit die oond tot 190 °C.
2    Kook die pap volgens die aanwysings op die verpakking. Keer dadelik die warm pap uit in 4 goed geoliede 20 cm-pizza- of ringkoekpanne of ’n reghoekige bakplaat. Versprei in ’n egalige laag – as dit te dik is, gebruik ’n metaalspatel wat in kookwater gedoop is.
3    Bedek die pap met die kaas, worsstukke en tamaties. Meng die knoffel en olie en bedruip die pizza daarmee. Geur met die sout en peper.
4    Bak 20 minute of tot effens verbruin en die tamaties plooierig is. Garneer met die roketblare, bedruip met die balsemieke reduksie en sit dadelik voor. Hope Malau*Lekker Resepte vir die Jongergeslag


No comments:

Post a Comment