Saturday 23 November 2013

HERDERSPASTEI


                                                         Foto>Helena Kruger


Herderspastei

1 kg aartappels, geskil en in kwarte gesny
sout
45 ml (3 e) melk
30 ml (2 e) botter
15 ml (1 e) olie
1 ui, in klein blokkies gesny
400 g biefmaalvleis
30 ml (2 e) koekmeel
250 ml (1 k) beesvleisaftreksel
30 ml (2 e) tamatiepasta
15 ml (1 e) worcestersous
5 ml (1 t) droë gemengde kruie
2 wortels, in blokkies gesny
250 ml (1 k) water
250 g bevrore ertjies
60 g cheddarkaas, gerasper.


1    Voorverhit die oond tot 180 °C.
2    Kook die aartappels in soutwater tot sag. Dreineer en maak saam met die melk en botter fyn. Sit eenkant.
3    Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui liggies tot sag. Voeg die maalvleis by en braai tot goed verbruin terwyl jy met ’n houtlepel roer om enige klonte op te breek.
4    Sodra die maalvleis verbruin het, roer die meel, beesvleisaftreksel, tamatiepasta, worcestersous en gemengde kruie in en kook 2 minute.
5    Voeg die wortels en water by, bedek en laat prut 20 minute. Voeg die bevrore ertjies by en laat prut nog 5 minute.
6    Skep die maalvleis in ’n oondvaste kasserol, bedek met die kapokaartappel en bestrooi met die gerasperde cheddarkaas.
7    Bak 25-30 minute of tot bo-op goudbruin in voorverhitte oond.* Hope Malau* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/herderspastei.html

                                                            Foto>Hope Malau



Maré Nieuwoudt 

HERDERSPASTEI MET BOTTERSKORSIEBOLAAG
6 porsies

Bestanddele:
10 ml (2 t) olyfolie
750 g maer maalvleis
1 ui, gekap
15 ml (1 e) koekmeel
5 ml (1 t) Worcestersous
45 ml (3 e) tamatiepasta
250 ml (1 k) vleisaftreksel
30 ml (2 e) gedroogte gemengde kruie
200 g bevrore groente, bv. ertjies, boontjies, wortels en mielies
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
2 aartappels, geskil en in blokkies gesny
500 g botterskorsie of pampoen, geskil en in blokkies gesny
30 ml (2 e) botter
Gemaalde neutmuskaat

Metode:

1. Verhit die olie in ʼn groot kastrol en verbruin die vleis in twee sarsies.
2. Soteer die uie en skep die vleis terug in die kastrol.
3. Roer die meel, Worcestersous, tamatiepasta, aftreksel en kruie by en verhit dit tot kookpunt. Verlaag die hitte en prut 30 minute of tot die vleis gaar is.
4. Roer die groente by en geur na smaak.
5. Voorverhit die oond tot 180˚C.
6. Kook intussen die aartappels en botterskorsie of pampoen in ʼn bietjie water tot gaar. Dreineer die vloeistof en druk die groente fyn om soos kapokaartappels te lyk. Roer die helfte van die botter by en geur na smaak.
7. Skep die vleis in ʼn oondbak en versprei die kapokmengsel egalig bo-oor. Stip dit met die orige botter, strooi die neutmuskaat oor en bak dit 30-40 minute of tot goudbruin.
Die resep het oorspronklik verskyn in Spogresepte
Uitgewer: Lapa MAROELA

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/herderspastei.html 

HERDERSPASTEI
Hanneli Erasmus
Wel ek maak myne so nadat ek al vele resepte probeer het werk die een vir my omdat dit onder 40 minute klaar is:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/herderspastei.html 
500g Steak Maalvleis, braai saam met
'n ui en
'n knoffelhuisie en
steak 'n chop spice totdat dit goudbruin is.

Dan gooi ek 'n klein pakkie gemengde Groente in en dan meng goed.
My secret kom volgende in 'n
pakkie royco cottage pie speserye soos op die pakkie aangemaak gooi by en meng goed. Laat prut vir 15 minute.
Ek kook my aartappels met
water,
botter,
knoffel huisie en so
2 teelepels vars chives,
sout en pepper tot baie sag.
Water dan af, gooi bietjie room en nog sout en pepper in en mash lekker sag. Skêp maalvleis in 'n oondvaste bak en dan die mash bo-op en maak patrone met 'n vurk. Bak in 'n vooraf warm oond van 180 vir 15 minute of totdat aatrappels lekker crispy bo-op is. Ek weet dit is baie lekker want wanneer ek vir my kleinding vra wat ons moet maak vir aand ette wil sy cottage pie hê .  Neels Botha en bietjie kaas op maak dit nog lekkerder!


HERDERSPASTEI
Sanelda Du Toit
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/herderspastei.html 
1 ui, fyngekap
Olie
500g maalvleis.
1 tamatie, ontvel en fyn gekap
Sout en varsgemaalde swartpeper.
10 ml Worcestersous
30 ml tamatiepasta.
1 ekstra groot eier, geklits
1 sny brood, korsies verwyder en gekrummel.
60 ml gladde maaskaas
4 aartappels, geskil en in stukke gesny.
50 ml suurroom
50 ml Cheddarkaas, gerasper.
Paprika

Voorverhit oond tot 180ºC.
Bespuit oondvaste bak mt SprayCook. Soteer ui in olie tot sag. Voeg maalvleis by en roerbraai tot gaar. Voeg d tamatie by geur met sout en peper. Voeg d Worcestersous en tamatiepasta by en meng deur. Verwyder vd hitte en voeg d broodkrummels en eier by en meng goed. Kook d aartappels in genoeg soutwater tot sag. Dreineer en druk goed fyn. Voeg maaskaas & suurroom by en meng deur. Skep lae vd maalvleis en aartappel in d voorbereide oondbak en eindig met aartappel. Strooi kaas en paprika oor en bak 25 minute lank of tot goudbruin bo-op.

No comments:

Post a Comment