BASIESE RESEP VIR MERINGUE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/merinque.html
Klits 4 eierwitte saam en voeg geleidelik 250 ml (1 k) strooisuiker en ’n knippie elk kremetart en sout by tot die meringue styf en glansend is.
1.Smeer die meringue om geposjeerde vrugte
soos nektariens of pere. Plaas op ’n bakplaat en bak sowat 40 minute teen 120
°C tot gaar. Skakel oond af en laat in die oond afkoel.
2.Skep 2 rowwe sirkels meringue op 2
uitgevoerde bakplate wat met mielieblom gestuif is en bak 40 minute of tot
gaar. Laat in die oond afkoel en plaas op mekaar met styfgeklopte room. Skep
grenadellapulp bo-oor.
3.Mini-pavlova: Skep groot hope meringue op
uitgevoerde bakplate wat met mielieblom bestuif is en bak 40 minute tot gaar.
Laat in die oond afkoel. Maak ’n puree van bessies, ’n bietjie suiker en ’n
paar druppels balsemieke asyn. Skep oor die pawlowas en rond af met vars
bessies* Foto>Huisgenoot
* Lekker
Resepte vir die Jongergeslag
Liana Barnard Claassen
Mini Pavlova met vanilla room, bessies en sjokolade ganache
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/merinque.html
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/merinque.html
No comments:
Post a Comment