Wilna Dorfling
My Kerskoeke- baie trots. Ek het resep in Landbou weekblad gebak "Pryswenner vrugtekoek"
PRYSWENNER VRUGTEKOEK
1.25 kg Vrugtekoekmengsel
500 gr Dadels - Fyn gesnipper
500 gr Verglansde vrugte
125 gr Rooi glanskersies
500 ml Brandewyn
500 ml Klam Bruinsuiker
500gr Sagte Botter
6 Eiers
820 ml Koekmeel
5 ml Koeksoda
5 ml Fyn Kaneel
3 ml Fyn Gemmer
3 ml Neutmuskaat
METODE:
Sit die vrugtekoekmengsel, dadels, verglansde vrugte en kersies saam met die brandewyn in 'n kastrol en verhit tot kookpunt. Prut vir twee minute, bedek en verwyder van die hitte. Laat staan vir een uur. Voorverhit oond tot 150°C en smeer 'n groot koekpan van 28cm of twe panne van 20cm goed met botter. Voer boom en kante uit met 'n paar lae bakpapier en smeer weer. Draai 'n kraag van bruinpapier om pan(ne). Verroom suiker en botter tot romerig en klits eiers by. Sif meel, koeksoda, kaneel, gemmer en neutmuskaat oor en roer 'n paar keer. Voeg vrugte en brandewynmengsel by en meng goed. Skep in voorbereide pan(ne) en bak vir sowat 3 uur (vir groot koek) of 1¾-2uur (vir kleiner koeke) tot deurgaar. laat in pan afkoel, keer uit en bêre in lugdigte houer. Lewer 1 koek of 2 middelslag koeke
NOTAS: Dit is 'n heerlike resep en nog 'n lekkerte van die koek is dat jy dit sommer die dag nadat jy dit gebak het al kan eet. Of jy kan dit vir 'n paar maande rypmaak. Jy kan dit ook vries (tot 'n jaar lank) of in 'n lugdigte houer in die yskas bêre (vir tot 6 maande). Werklik 'n staatmaker
Bron: Lanbouweekblad - 30 November 2012
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/pryswenner-vrugtekoek.html
No comments:
Post a Comment