Thursday 14 November 2013

BESSIE SE HOENDERGEREG



Bessie se hoendergereg

Huisgenoot
SOUS

45 ml (3 e) tamatiesous
30 ml (2 e) Worcestersous
30 ml (2 e) blatjang
15 ml (1 e) sout
2,5 ml (½ t) gemaalde peper
250 ml (1 k) witwyn
HOENDER
45 ml (3 e) olyfolie
3 uie, in skywe gesny
1 groot hoender, in stukke gesny /6 gemengde hoenderporsies
60 ml (¼ k) sago
500 g langsteel-broccoli
250 g sampioene, in skywe gesny
250 g spekvleisrepe

Voorverhit die oond tot 180°C.
1.    Sous Meng al die bestanddele vir die sous saam en sit eenkant.
2.    Hoender Verhit die olie in ’n pan, verbruin die uie en sit eenkant.
3.    Pak eers die hoender hoender en dan die ui, sago, broccoli en sampioene in lae in ’n oondvaste bak.
4.    Pak die repe spekvleis styf teen mekaar oor die sampioene. Giet die sous oor en bedek met foelie. Bak Cook vir 50 minute in die oond. Sit voor saam met pasta of rys.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag

No comments:

Post a Comment