Friday 15 November 2013

SARDYNBREDIE MET KRUMMELPAP

Sardynbredie met krummelpap

15 ml (1 e) vinkelsaad
5 ml (1 t) komynsaad
2 kardemompeule
5 ml (1 t) koljandersaad
15 ml (1 e) olie
1 ui, gekap
3 knoffelhuisies, gekap
1 blik (410 g) heel kersietamaties
1 blik (400 g) sardyne in tamatiesous
1 blik (400 g) botterbone in tamatiesous
1 blik (400 g) groenbone
krummelpap vir voorsit

1 Verhit ’n droë pan oor matige hitte en rooster die speserye tot geurig. Verplaas na ’n meul of vysel en maal fyn.
2 Verhit die olie in ’n kastrol oor matige hitte en soteer die ui tot deurskynend. Roer die knoffel en tamaties in en kook 10 minute of tot effens verdik. Roer die sardyne in en kook 5 minute.
3 Voeg die botterbone en groenbone in en maak deurwarm. Sit voor met pap.* Hope Malau*http://huisgenoot.com*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


No comments:

Post a Comment