Thursday 21 November 2013

TUNAROL



                                                        Vroeer die week se aandete.
Tunarol:
1 Rol blaardeeg, ontvries
1 Blikkie Tuna, gedreineer en gevlok
2 Hardgekookte eiers, gerasper
1 Ui, fyngekap
3 Eetl Mayonnaise
2 Eetl Gekapte pietersielie
Sout en peper, na smaak
Metode:
Rol die blaardeeg uit.
Meng die tuna, eiers, gekapte ui, mayonnaise en die pietersielie in ‘n mengbak en geur na smaak.
Skep die vulsel bo-op die deeg en smeer dit gelyk met die punt van ‘n vurk (los een rant oop).
Rol die deeg in die lengte in ‘n losserige rol en sny dan met ‘n skerp mes in ronde skywe.
Plaas die skywe op ‘n gesmeerde bakplaat en bak ongeveer 30min plus by 190° C tot die blaasdeeg ligbruin en bros is.
Bedien dadelik met ‘n vras groenslaai.
Wenk:
Sit die rol eers in vrieskas – sny dan net baie makliker* Maggie De Castro*20/11/13
Bron Onbekend* Lekker Resepte vir die Jongergeslag http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/11/tunarol.html

No comments:

Post a Comment