Tuesday 3 December 2013

FEESTELIKE VRUGTEKOEKIES


FEESTELIKE VRUGTEKOEKIES
450g Vrugtekoekmengsel
150 g dadels
25 g kersies, grof gekap
125 ml brandewyn
10 ml koeksoda, in 125 ml water opgelos
5 ml vanieljegeursel
250 g botter
200 g suiker
2 eiers
275 g koekmeelblom
10 ml bakpoeier
knippie sout

Voeg die vrugtekoekmengsel, dadels, kersies, bandewyn, koeksoda-oplossing en vanieljegeursel saam in ‘n mengbak en week vir 30 minute.
Voorverhit die oond tot 180°C.
Room die botter en suiker saam tot lig en romerig, voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging.
Roer die vrugtemengsel by.
Sif die droë bestanddele saam en voeg by die res van die beslag.
Roer tot net gekombineer.
Skep lepels vol van die beslag in ‘n kolwyntjiepan met kolwyntjiepapierhouers tot twee-derdes vol.|
Bak vir 10-12 minute, of totdat ‘n toetspen skoon uitkom.
Garneer met versiersuiker of fondantversiersel.
BREKFAST MET DERICK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/feestelike-vrugtekoekies.html

No comments:

Post a Comment