Tuesday 3 December 2013

KORINGSLAAI



Koring Slaai.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/12/koringslaai.html

Deon Gouws
1pak stamp koring gekook soos op pak voorgestel so 45min.
Gooi in vergietes en spoel onder koue water af en laat afdrup. voeg die volgende by:
2 groot uie fyngekap,
1blik ingelegde geelperskes in blokkies gesny. nie te fyn nie.
 1 rooiskil appel gewas, nie geskil nie, en in blokkies gesny.
1 kop pitlose rosyne gewas en bygevoeg.
As jy daarvan hou kan jy green pepper ook in fyn blokkies sny en byvoeg. (ek hou nie daarvan nie) (As jy hoender maak kan jy pynappel in blokkies sny en byvoeg by die wat jy vir daai ete wil gebruik want, die resep is groot genoeg vir 3tot4 etes afhangende die hoeveelheid wat jy nodig het. Pynappel hou nie lank nie so moet dit nie in die hele slaai sit as jy dit nie alles gaan gebruik op een slag nie)

Voeg by die koring mengsel:
30ml olyf olie of ander soos verkies,
die skil van 1 suurlemoen fyn gerasper,
3eetlepels knoffelsout,
3eetlepels kerriepoeier(mild),
3eetlepels borrie,
ontrent 200ml Mrs. Balls se bladjang.
As jy voel dit is te droog kan jy 2eetlepels van die perske stroop byvoeg. Dit is nie altyd nodig nie.
Bere in die yskas in n lugdigte houer en gebruik eers na 2 tot 3 dae want die bestandele moet goed marineer. (Die houer sal verkleur van die borrie so wees gewaarsku)
Dit bly goed vir n maand in die yskas en dan is dit eintlik eers baie lekker so sorg dat jy genoeg vir die laaste ete het want dit kan n verneuk afgee.
Geniet en dink aan ons wanneer julle eet.
Mams xx 

No comments:

Post a Comment