Tuesday 28 January 2014

KAASTERT


Kaastert:

Kors:
375 ml (1½ k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
180 ml (¾ k) melk
Knippie sout
80 ml (¹⁄³ k) olie
1 eier, geklits
Vulsel:
60 g botter
60 ml (¼ k) meel
1 liter (4 k) melk
60 g uie, gekap
7 eiers, geklits
knippiesout
600 g cheddarkaas, gerasper
Knippie gemaalde neutmuskaat

Metode:
Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer ’n dieptertbord van 30 cm.
Kors
Meng al die bestanddele goed. Voer die gesmeerde tertbord daarmee uit.
Vulsel Smelt die botter in ’n kastrolletjie en roer die meel by. Voeg die melk by terwyl jy oor ’n lae hitte aanhou roer tot die mengsel verdik het. Verwyder van die hitte en voeg die uie, eiers, sout, kaas en neutmuskaat by.
Skep die mengsel op die deegbasis en bak 35-40 minute tot ditgestol het.
Sit warm of koud voor.
huisgenoot
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/01/kaastert.html

No comments:

Post a Comment