Wednesday, 5 February 2014

HOENDERLEWER EN SAMPIOENSLAAI



Hoenderlewer-en-Sampioenslaai

Genoeg vir 2 mense
60 ml (¼ k) olie of botter
250 g hoenderlewers, gewas en kleiner gesny
250 g gemengde sampioene, in kwarte gesny
2 stingeluie, in 2 cm lengtes gesny
60 ml (¼ k) gekapte vars pietersielie
30 ml (2 e) druiweasyn
30 ml (2 e) haselneut of macadamia olie
sout en swartpeper
gemengde slaaiblare
Verhit die olie of botter in ’n groot pan en braai die lewers 3 minute of tot bruin aan die buitekant en steeds pienk van binne.
Skep die lewers uit die pan en braai die sampioene 5 minute in dieselfde pan.
Skep die lewers terug, voeg die stingeluie, pietersielie, asyn en haselneutolie by en geur met sout en peper. Verhit tot net warm.
Sit dit voor op gemengde slaaiblare.*Huisgenoot*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/02/hoenderlewer-en-sampoenslaai.html

No comments:

Post a Comment