Paasbolletjies
Jy het nodig:
4 x 250 ml meelblom
3 ml sout
5 ml fyn kaneel
5 ml gemengde speserye
65 g koue botter
125 ml korente, rosyntjies of sultanas (of mengsel)
1 pakkie gis
125 ml suiker
250 ml melk
1 eier, geklits
Kruise:
100 ml meel
25 ml suiker
Genoeg melk om ‘n pasta te maak
30 ml stroop, verhit*
Maak so:
Sif die meelblom, sout en spesery saam in ‘n groot mengbak.
Vryf die botter in en voeg die korente (of ander) by. Voeg die pakkie gis en
die suiker by. Maak die melk louwarm en voeg dit by die bestanddele in die bak
en meng tot dit ‘n deeg vorm. Knie vir 3-5 minute tot glad. Laat rys sowat 30
minute in ‘n warm plek tot die deeg verdubbel het. Keer deeg uit op ‘n
meelbestrooide oppervlakte en knie goed tot glad. Verdeel die deeg in 12 dele
en vorm elke deel in ‘n platterige balletjie. Sny diep kepe in ‘n kruisvorm op
elke bolletjie. Laat rus vir 15 minute. Verf die bolletjies met die geklitste
eier.
Kruise: Meng die meel, suiker en melk saam met die orige
geklitste eier om ‘n pasta te vorm. Rol die deeg in lang dun worsies en plaas
op die kepe van die kruis. Bak 20 minute by 200º C. Haal uit en smeer die warm
stroop oor.
* Maak die glasuur-stroop deur 15 ml strooisuiker en 5 ml
gelatien in 15 ml water te verhit tot dit opgelos het, maar nie kook nie. Smeer
oor die bolletjies wanneer dit uit die oond kom.OFM*11/4/14 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/04/paasbolletjies.html
No comments:
Post a Comment