Friday, 11 April 2014
KAASPLATBROOD
SAMPIOEN-, BRANDRISSIE- EN KAASPLATBRODE
FLATBREAD
Genoeg vir 6 mense
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
30 g botter
6 jalapeño’s, gekap
5 ml (1 t) brandrissievlokkies
200 g sampioene, in skywe gesny
sout en peper
60 ml (¼ k) soetbrandrissiesous
30 ml (2 e) water
800 g klaargemaakte brooddeeg
125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaas
1 Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n groot bakplaat.
2 Verhit die botter in ’n braaipan oor matige hitte tot skuimerig, roer die brandrissies en brandrissievlokkies in en kook 2 minute.
3 Voeg die sampioene by en braai tot amper sag. Geur met sout en peper, giet die soetbrandrissie en water in en laat 10 minute oor lae hitte prut.
4 Rol die brooddeeg plat uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en sny dit in sirkels met ’n kleinbordjie as gids. Verplaas hulle na die bereide bakplaat en laat 10 minute op ’n warm plek rys of tot verdubbel in volume. Bak ’n kwartier of tot goudkleurig bo-op.
5 Sit kaas op ’n broodsirkel, bedek met die sampioenmengsel en sit dan nog ’n broodsirkel bo-op. Herhaal met die oorblywende bestanddele. Sny en sit voor.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/04/kaasplatbrood.html
Labels:
Ligte Etes
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment