Friday, 30 May 2014

AARTAPPEL KOEK


AARTAPPEL KOEK
deur SARIE.com-span
Ryk en luuks met baie botter, maar dit bly hemels.
genoeg vir 6
230 g (250 ml) botter
4 takkies tiemie
4 aartappels, geskil
sout en varsgemaalde swartpeper
suurroom of crème fraîche vir voorsit

Verhit oond tot 180 °C. Plaas botter en tiemie in middelslagpot en verhit oor lae hitte. Laat prut vir 2 – 3 minute of tot botter geurig raak. Gebruik mandolien en sny aartappels in papierdun skywe. Hou dit in water terwyl jy res sny, anders word dit bruin. As jy nie ’n mandolien het nie, kan jy dit ook met ’n skerp mes sny. Spuit ’n oondvaste 25 cm-braaipan met kleefwerende kossproei. Pak dun lagie aartappels in pan en verf met ’n bietjie tiemiebotter. Geur met sout en peper. Herhaal tot al die aartappels en botter op is. Plaas in warm oond en bak vir 30 – 40 minute of tot aartappels sag en gaar is. Keer uit op opdienbord en sit voor met suurroom of crème fraîche.30/5/14 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/05/aartappel-koek.html

No comments:

Post a Comment