Oondgeroosterde worsies
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
Oondtemperatuur: 200 °C
• 30 ml olie
• 8 vet hoender- of varkworsies
• 1 rooi ui, in dun skyfies gesny
• 6 pruimtamaties, in kwarte gesny
• 1 rooi soetrissie, in dik repe gesny
• 5 heel knoffelhuisies
• 30 ml balsemiekasyn
• 2 rooi brandrissies, gekap
• 100 ml platblaarpietersielie, gekap
• 4 groot Portugese rolletjies
1 Verhit die olie in ’n swaarboompan en braai die worsies tot goudbruin oraloor. Skep uit en plaas dit saam met die ui, tamaties, soetrissies en knoffel in ’n oondbak. Sprinkel die asyn en brandrissies oor en rooster in ’n voorverhitte oond vir sowat 25–30 minute tot die worsies deurgaar is.
2 Sprinkel die pietersielie oor en proe vir sout en peper. Sit voor met bros Portugese rolletjies wat liggies gerooster is.
Wenk
Sit babaspinasie op die rolletjies vir kleur.
Bron: Tuis Tydskrif
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/06/oondgeroosterde-worsies.html
No comments:
Post a Comment