Friday, 20 June 2014

SJOKOLADE LEKKERGOED


Sjokolade-lekkergoed
Suurlemoen meringue blokkies

Maak: 25
Bereidingstyd: 20 minute, plus yskastyd
Gaarmaaktyd: 5 minute

• 397 g-blik kondensmelk
• 400 g witsjokolade, gekap
• 15 ml fyngerasperde suurlemoenskil
• 30 ml vars suurlemoensap

1 Verhit die kondensmelk oor medium hitte. Verhit dit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat dit vir drie minute saggies prut. Haal dit van die plaat af en voeg die sjokolade by. Roer dit tot glad.

2 Meng die res van die bestanddele by. Gooi dit in ’n gesmeerde en gevoerde vierkantige koekpan van 15 cm. Bedek dit en sit dit vir minstens twee uur in die yskas. Sny dit in blokkies van 3 cm. Bron: Idees Tydskrif
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/06/sjokolade-lekkergoed.html

Karamel truffels

Maak: sowat 40
Bereidingstyd: 30 minute, plus ys- en vrieskastyd

• 1 klaargemaakte Madeira-koek
• 150 ml geblikte karamel
• 5 ml vanieljegeursel
• 1 ml fyn kaneel of kardemom
• 300 g witsjokolade, gesmelt
• karamel-sjokolade of gekapte neute vir versiering

1 Breek die koek op in krummels. Roer die karamel, vanieljegeursel en speserye daarby. Sit dit vir ’n halfuur in die yskas.

2 Rol die mengsel in klein balletjies en pak dit op ’n gevoerde bakplaat. Vries dit vir ’n uur tot ferm.

3 Doop die balletjies in die afgekoelde gesmelte sjokolade en pak dit op ’n gevoerde bakplaat. Sprinkel die neute oor, of smelt die karamel-sjokolade en drup dit daaroor. Sit dit in papierdoppies en bêre dit in ’n lugdigte houer. Bron: Idees Tydskrif

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/06/sjokolade-lekkergoed.html

No comments:

Post a Comment