Thursday, 23 July 2015

KERRIE EIERS OP RYS



Kerrie Eiers op Rys

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/07/kerrie-eiers-op-rys-braai-2.html

Braai 2 middelmatige uie in 2 eetlepels olie [Moenie aanbrand nie]
Hou eenkant
In n Kastrol plaas daarin:
3 e koekmeelblom
1 e botter
1 t borrie
½ t kerrie
knippie sout en peper
Metode:
Laat dit smelt en meng goed. Roer gedurig.
Voeg by 2 k water[of melk] by en klits.
Laat dit kookpunt bereik en voeg 1e suiker en half koppie asyn by.
Hierby voeg ek 2t Appelkooskonfyt en 2t Lekker sterk Blatjang
Voeg gebraaide uie by.
Skep dan klaargekookte rys in n bakskottel en plaas jou gekookte eiers bo-op[ druk in]
Gooi nou jou sous oor die eiers en plaas vir so 10min in jou oond [jy kan as jy wil so hier en daar n paar klontjies bottter bo –op plaas wat dan sal in jou rys in trek.
Baie lekker Helena Kruger" my eie!!!!!!!!.Mei 2010 .**Foto Francie Barnard*23/07/2015



KERRIE EIERS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/07/kerrie-eiers-op-rys-braai-2.html

6 gekookte eiers na jou smaak (sag, med, of hard)in helfte gesny
1 eetlepel asyn
1 eetlepel Kerrie van jou smaak
1 eetlepel suiker of heuning
2 eetlepels mazina
1 teelepel sout
2 koppies vleis of groente ekstrak of water(met net water nie so baie geur)
50 ml bladjang (opsioneel)
1 groot ui
Metode:
Braai ui in olyfolie( 2eetlepels) tot sag Meng al die droe bestandele en gooi by gebraaide ui. Voeg die asyn en een koppie ekstrak by roer gedurig tot lekke dik oor lae hitte. Voeg laaste koppie ekstrak by en sit op laagte hitte vir 15 min met deksel. Plaas halwe eiers in en los vi 5 min. Bedien bo op rys of brood. Lekker as jy eiers fyn druk en dit as toebroodjie vulsel gebruik.**
Susan Becker**23/07/2015


KERRIE EIERS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/07/kerrie-eiers-op-rys-braai-2.html
2 Fyn gekapte uie,
2 eetl.meel,
2 teel.kerriepoeier,
1 eetl.suiker,
2 eetl asyn of 1 eetl chutney,
2 kop.vleisekstrak of water,
2 ryp piesangs in skyfies gesny (indien verkies),
1 teel. sout,peper.
Braai ui in botter of margarien,
Meng droe best.,en meng met as
yn/chutney,
Roer by uie,
Voeg vloeistof gelydelik by saam skyfies iesangs.
Bly roer tot dit kook vir +- 10 minute .
Gooi warm in n glasbak ,sit hardgekookte eiers in lengte of dwarste gesny,daarop.**
Anna Swanepoel *13/01/2016


No comments:

Post a Comment