Maggie de Castro
Kors:
60 ml margarien (50g)
1 x 200g sjokoladekoekies, fyngedruk
Vulsel:
250 g wit malvalekkers (die sagte ronde soort), ongeveer 30 lekkers
150 ml ingedampte melk
30 ml kakao
125 ml warm water
5 ml vanieljegeursel
250 ml room
Metode:
Smelt smeer 1 min (90 sek) by volle krag. Voeg koekiekrummels by en meng goed. Gebruik 240 mm randtertbank van minstens 60 mm diep. Druk koekiekrummelmengsel op boom vas en mikrogolf 90 sekondes (2min) by volle krag. Sit opsy.
Meng malvalekkers en ingedampte melk in 'n groot bak en mikrogolf 2 - 3 min (3 - 4 min) by 70% krag tot malvalekkers gesmelt het - roer twee maal tussendeur. Meng kakao en water en mikrogolf 30 (40) sekondes by volle krag. Roer goed, meng met malvalekkermengsel en roer vanieljegeursel in. Verkoel tot verdik maar nie gestol nie.
Klits 250 ml room styf. Klits afgekoelde malvalekkermengsel en vou by room in. Skep vulsel in voorbereide kors en verkoel tot gestol.
Versier met sjokoladekrulle en geklopte room.
(Leermetjoumikrogolf - Foto: Radio Namakwaland)

No comments:
Post a Comment