ONTBEENDE HOENDERROL
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/ontbeende-hoenderrol.html
Hoendervleis kan vinnig droog raak as jy dit kook of
braai. Veral té warm kole kan ’n geurige hoender sommer heeltemal
opdons. As jy ’n heel hoender op dié manier gaarmaak, behou die hoender
sy natuurlike sappe.**WEG*
Jy benodig
olie
1 pakkie sampioene, in skyfies gesny
1 groot ui, gekap
’n paar knoffelhuisies, fyngekap
sout en peper na smaak
1 heel hoender
Só maak jy
1 Verhit jou swart platboompot oor die kole en braai dan die
sampioene, uie en knoffel in ’n bietjie olie. Geur dit met sout en peper
na smaak.
2 Sprei die ontbeende hoender met sy velkant na onder op ’n stuk foelie wat jy dubbeld gevou het.
3 Skep die sampioen-en-uievulsel op die hoender en rol dan die vleis versigtig op.
4 Rol die hoenderrol in die foelie toe en draai die twee punte stewig toe soos dié van ’n Kersklapper.
5 Versprei al die hoenderbene wat jy uitgesny het, oor die platboompot
se bodem en gooi omtrent 2 koppies water by voordat jy die foeliepakkie
bo-op dit neersit.
6 Kook die rol vir 1 uur op ’n driepoot oor die kole.
7 Draai die hoenderrol ná ’n halfuur om.
8 Lig die pakkie uit die pot en laat dit effens afkoel
9Vou die foelie oop en sny die hoenderrol in skywe.
WegSleep sê: Jy kan ook geblansjeerde spinasieblare, pikantrissies en feta, of gestoofde vrugte as vulsel gebruik.
LEKKER VULSELS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/12/ontbeende-hoenderrol.html
Alta Britz-Snyman
Ek
vul so... rol oop strooi gelatine oor smeer liggies met mosterd - voer
hoender uit met repe bacon wat oorvleul ... maak 2 -3 sny brood krummels
meng met chicken spice en hoender kruie wat in n grinder houer gekoop
word.
Meng met 62ml pietersielie en
1 medium ui fyngekap.
Strooi mildelik oor hoender.
Plaas paar droe
appelkose in die middel.
Rol styf op... nou vat ek n 2liter
koeldrankbottel waarvan die boom afgesny is en druk versigtig in bottel
trek nou die 'REKNET' oor van bottel se nek af en knoop die net met 'n
toutjie.
Trek die net versigtig voorentoe en laat hoender uitgly in net
in.
Bind weer toe en bak die hoender gaar.
Colyn Serfontein
Roomkaas,
fyngekapte sampioene en sprietuie. Smeer met sterk yoghurt en speserye
na smaak. Ek sal net swartpeper en Robertson's se chicken spice gebruik.
Helena Kruger
spinasie ,roomkaas of feta..fyngekerfde peppedews, sprietuie, sweet chillie sous smeer..lekker
Leonore Bosman
Rol
kiepie oop en smeer die binnekant met basil en tamatie pesto en sny
camember kaas in stroke en draai die kiepie weer toe en rol dan toe in
bacon