DRIE VRUGTE MARMELADE
Mikrogolf
1 suurlemoen
1 pomelo
1 lemoen
Water
Suiker
Metode:
Kerf die vrugte met pitte en al. Voeg 500ml water by elke 250ml vrugte. Laat vrugte oornag in koue water week. Verdeel vrugte en water tussen 3 bekers met ‘n inhoudsmaat van 1.5liter en mikrogolf al drie saam 40min op hoog of tot vrugte sag is. (Die vrugte kook vinniger sag in bekers as in ‘n wye bak.)
Giet alles terug in diep plastiek bak en laat effens afkoel. Voeg suiker by: 250ml by elke 250ml vrugtemengsel. Roer tot suiker heeltemal ogelos is. As die suiker nie wil oplos nie, mikrogolf dit 10-20min op hoog, roer af en toe tot dit opgelos is.
Mikrogolf marmelade nog 15min na gelang van hoe dik jy dit verkies. Moenie marmelade roer terwyl dit kook nie, anders sal dit nie helder wees nie.
Toets gereedheid. Skep skuim af wat gedurende gaarmaktyd bo-op vorm en toets dikte van marmalade. Wanneer gereed, skep in warm gesteriliseerde bottles, skroef deksels op en sit bottles onderstebo neer. Lewer 8 x 400ml bottles
GEREEDHEIDS TOETS: Skep 5-10ml marmelade in ‘n yskoue piering en laat dit afkoel. Druk met jou vinger daarop om vat te stel of dit gestol het, dit moet rimpels maak Mikrogolf vir nog ‘n paar min as jy dit dikker wil he. MIKROGOLF-D von Hirschberg) .* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/drie-vrugte-marmelade.html
DRIE- SITRUS- MARMELADE:
2 lemoene
2 pomelos
2 suurlemoene
1,5 – 2 liter water
Wit suiker
Sny die skil van vrugte in repies en trek versigtig af. Sit in gaasdoekie en bind vas. Sny heel vrugte in wiggies en verwyder die pitte. Verwyder die witgedeeltes. Meet hoeveel pulp en sit in kastrol. Voeg 500ml water vir elke 250 pulpmengsel.
Verhit tot kookpunt. Verlaag hitte en kook vir nog 40 minute oor stadige hitte. Giet die mengsel in maatbeker en voeg dan 250g witsuiker by vir elke 250ml pulp.
Giet alles- ook skilsakkie- in kastrol. Verhit stadig tot suiker opgelos is. Verhit en kook mengsel vir 25 minute, totdat dit nie meer waterig is nie.
Laat afkoel, as dit stewig en nie meer loperig is nie is dit reg. Skep warm marmelade in bottels wat gesteriliseer is.
Lewer sowat 2 liter marmelade. 1 gesnyde pynappel kan ook bygevoeg word. Vir iets anders. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/drie-vrugte-marmelade.html
No comments:
Post a Comment