Tuesday, 22 January 2013

KUMKWATKONFYT




KUMKWARTKONFYT


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kumkwatkonfyt.html
1kg kumkwatte
1kg suiker
1.5liter water
Metode:
Maak klein snit in elke kumkwat en verwyder pitte
Plaas in kastrol, bedek met koue water, bring stadig tot kookpunt en kook tot sag genoeg om ‘n vuurhoutjie in te druk. Kook stroop van suiker en water en koel af. Dreineer vrugte en plaas in afgekoelde stroop. Bring weer stadig tot kookpunt en kook tot vrugte helder en stroop dik is. Laat oormag so staan en kook weer volgende dag voor dit in warm gesteriliseerde bottles verpak en verseel word. *Knippeldik aan Koningskos”*
.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag* .

No comments:

Post a Comment