Tuesday 22 January 2013

MARMELADE MET N TWIST




MARMELADE MET N TWIST

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/marmelade-met-n-twist.html
1 lemoen
1 pomelo
1 suurlemoen
2 nartjies
4 1/2 liter water
5 kg suiker
 Metode:
Sny nog 'n loemoenindien nodig by om dit 1 1/2 kg vrugte te maak. Was vrugte en sny in kwart, sny elke kwart in baie dun repies, dunner is beter! Gooi die snippers en die water in 'n kastrol. Laat staan oornag. Kook die volgende oggend in dieselfde water totdat vrugte sag is. Onveer 1/2 uur.
Die "Twist": Sny een pynappel in skywe, verwyder die stronke en sny die res in baie klein stukkies. Skep die pulp van ongeveer 6 grenadellas uit en voeg die pynappel, grenadellamoes (die grenadella en pynappelstukkies moet ongeveer 1/2 kg weeg) en die suiker by die lemoensnippers in die water. Kook op 'n vinnige plaat vir ongeveer 1 uur. Skep gereeld die skuim af. Toets vir jellie vorming deur bietjie van die stroop in koue water in 'n piering te skep. Wanneer dit jellie begin vorm kook stadiger. Die jellie is dik genoeg as dit plooie vorm wanneer daar liggies met die vinger aan gestoot word. Skep warm in gesteriliseerde flesse en verseel.* Susan Malan*

No comments:

Post a Comment