Tuesday 22 January 2013

KERSIEKONFYT





KERSIEKONFYT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/kersiekonfyt.html

Gebruik mooi groot stewige geel konfytkersies en ontpit dit totdat 1.6kg verkry is.
Bind die pite in ‘n stukkie kaasdoek toe.
Week die kersies ‘n rukkie in ‘n oplossing van 1.7 liter water en 15ml sout.
Verhit 1.7 liter water, 5ml sout en die sakkie pitte tot kookpunt.
Skep ‘n klompie van die kersies met ‘n gleuflepel in die kokende water, moenie dat die water ophou kook nie.
Sodra die kersies dryf, voeg die volgende skep kersies by.
Dreineer dit wanneer al die kersies dryf. Gooi die pitte weg.
Kook ‘n stroop van 1.2kg wit suiker, 750ml water, 15ml suurlemoensap en 2ml rooi voedselkleursel.
Skep die kersies met ‘n gleuflepel in die stroop.
Kook die kersies ongeveer 45min lank taamlik vinnig.
Die konfyt is gereed vir bottel wanneer die stroop die dikte van gliserien het as ‘n bietjie op ‘n koue piering getoets word. Bottel die konfyt warm en verseel dit wanneer koud. *Lekker vir later*

.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


 


No comments:

Post a Comment