Tuesday 22 January 2013

VINNIGE AARBEIKONFYT




VINNIGE AARBEIKONFYT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/vinnige-aarbeikonfyt.html

Weeg ‘n mengsel van ryp en halfryp aarbeie af en gebruik vir elke 2kg aarbeie 1.8kg wit suiker en die sap van 3 middelslag suurlemoene. Verpulp die helfte van die aarbeie in ‘n kastrol, gebruik die groter aarbeie hiervoor. Voeg die res van die aarbeie by en kneus dit met ‘n houtlepel teen de wand van die kastrol. Sit die deksel op en kook dit ‘n kwartier lank stadig. Voeg die suiker en suurlemoensap by die aarbeie en roer die mengsel net genoeg om die suiker te laat oplos. Kook die konfyt ongeveer 20 min lank oor matige hitte sonder ‘n deksel en skuim af, indien nodig. Roer dit af en toe met ‘n houtleper net op die boom van die kastrol met ‘n syfer 8 beweging om te verhoed dat dit aanbrand. Toets of die konfyt reg is deur ‘n bietjie stroop op ‘n ysblokkie of yskoue piering afte koel, met die vinger te stoot , dit moet rimpels op die oppervlak vorm. Laat die konfyt 10min lank afkoel voordat dit gebottel en verseel word. *Lekker vir later*

.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

EEN-TWEE-DRIE HEEL AARBEIKONFYT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/vinnige-aarbeikonfyt.html
Gebruik 400g wit suiker vir elke 750ml aarbeie. Verhit een derde van die aarbeie en die helfte van die suiker baie stadig oor lae hitte tot kookpunt en roer dit een of twee keer versigtig om nie die aarbeie te breek nie, maar seker te maak al die suiker is opgelos. Kook dit 6-7min lank oop.
Voeg die helfte van die oorblywende aarbeie en die res van die suiker by die kokende mengsel en kook dit 6-7min verder. Voeg die res van die aarbeie by en kook die konfyt nog 6-7min lank, skuim af indien nodig. Om die aarbeie nie te laat styf nie, laat die konfyt eers 10-15min lank afkoel voordat dit gebottel en verseel word. *Lekker vir later*

.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment