Tuesday 22 January 2013

OORNAG HEEL AARBEIKONFYT

OORNAG HEEL AARBEIKONFYT
Soek net die ferm helderrooi aarbeie uit vir hierdie konfyt.
Weeg die aarbeie af en gebruik vir elke 500g aarbeie 350g wit suiker en 15ml suurlemoensap. Plaas die aarbeie en suiker in afwisselende lae in ‘n kastrol en sprinkel die suurlemoensap oor die suikerlae. Moenie water byvoeg nie. Laat oornag stroop vorm.Verhit die volgende dag baie stadig oor lae hitte tot kookpunt en roer dit versigtig aan die begin om nie die aarbeie te breek nie, maar seker te maak al die suiker is opgelos. Kook die konfyt oor matige hitte totdat die stroop effens jellierig is. Toets of die konfyt dik genoeg is deur ‘n bietjie van die stroop op ‘n ysblokie of yskoue piering afte koel en dit met die vinger te stoot. Daar moet rimpels op die oppervlak vorm. As die stroop nie wil jel nie, voeg ‘n gerasperde vars suurappel by elke 500g aarbeie wat gebruik is, laat dit ‘n rukkie kook en toets weer. Skuim die konfyt af, indien nodig voordat dit gebottel en verseel word. Om seker te maak dat die aarbeie nie bo in die bottel dryf nie laat die konfyt eers 10 – 15 min afkoel voordat dit gebottel en verseel word..*Lekker vir later*
.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment