Tuesday 22 January 2013

PRUTPOT MARMELADE

PRUTPOT MARMELADE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/prutpot-marmelade.html

500g bitterlemoene
1 suurlemoen
600ml kookwater
1kg suiker
 Metode:
Was jou vrugte en halveer dit. Druk jou sap en pitte uit. Plaas dit in n moeseliendoekie. Snipper die skille en plaas dit in jou prutpot met 300ml water. Plaas die deksel op en prut dit vir 6-8h of oornag. Plaas jou moeseliendoekie in n kastrol met die oorblywende water en verhit dit tot kookpunt. Kook dit vir 30min. haal uit en druk die sap uit voeg dan jou gaar vrugte en vloeistof by. Voeg jou suiker by en roer oor lae hitte tot jou suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt en kook so 15-20min. tot stopunt bereik is. Skep dan jou marmelade in jou flesse. !!!1982!!! N.S het dit nog nie self op die manier gemaak nie maar vir ons besige lewe dink ek die prutpot is n goeie idee!!

OM MARMELADE TE BOTTEL
Wanneer marmelade stolpunt bereik het, moet die skuim eers afgeskep word. Laat dit dan effens afkoel totdat n velletjie bo-op verskyn,Roer dit eers voor jy dit in jou bottels skep. Verseel dit met n waslagie omdie lug uit te hou en bedek dit dan met n stukkie kleefplastiek.
  Pieringtoets
Skep n lepelvol stroop op n koue piering en laat afkoel. Trek met jou vinger versigtig deur die stroop. As dit kreukel is stolpunt bereik.
Wanneer suiker bygevoeg word, word die temperatuur verlaag. Dus is dit raadsaam om dit eers in die oond warm te maak voor byvoeging sodat dit vinniger saL oplos!!*Helena Kruger*19/7/10
.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment