Tuesday 5 March 2013

HOENDER-GEREGTE


CHICKEN & MUSHROOM BAKE
*Suid Afrika Resept*
1 packet ROYCO Creamy Mushroom Soup
400ml water
2 spring onions, chopped
400ml chicken, cooked and finely chopped
freshly ground black pepper
3 eggs, separated
Preheat oven to 200
Mix together soup powder and water in saucepan and cook until thick, stirring continuously.
Stir in spring onions, chicken and freshly ground black pepper.
Cool slightly and beat in egg yolks, whisk egg whites until stiff, then carefully fold into soup mixture. Spoon into 18cm greased deep, round (soufflé) dish.
Bake at 200*C for 30 minutes or until cooked. *18/12/12 n.s>julle kan ook gekookte blokkies aartappels en bietjie ertjies byvoeg..Helena * http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hoender-geregte.html




SMAAKLIKE HOENDER-EN RYS GEREG
25ml kookolie
1 groot uie
250ml rou rys
1 knoffelhuisie fyngekap
1 soetrissie ontpit en gekap
5ml matige kerriepoeier
2ml borrie
3ml paprika
750ml hoenderaftreksel
5ml sout
500ml gaar fyn hoender
200g knoppiessampioene in skyfies gesny
2 ryp tamaties geskil en gekap
Metode:
Verhit die olie en braai die ui, net tot gaar nie bruin. Voeg die rou rys, knoffel, soetrissie, kerrie, borrie, paprika by en braai liggies totdat die olie geabsorbeer is. Voeg die hoenderafteksel en sout by en roer goed. Plaas die deksel op en kook stadig totdat rys sag is. Voeg nou die hoender, sampioene en tamatie by. Roer liggies met 'n vurk en prut vir 20min oor lae hitte. Sit met groenslaai en piesangskywe voor.*Eenskottertreffers * http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hoender-geregte.html




Berie Smith
Vinnig en maklik:
HOENDER EN GROENTEGEBAK:
[ONBEKEND]
Hierdie eenbakoondgereg met 'n kerriegeur is 'n heerlike aandete vir die gesin.
Al wat jy hier hoef te doen is om die aartappel en botterskorsie te kook, die ander groente op te sny, die sous te maak, alles te meng en dit in die oond te druk.
'n Uur later kry jy 'n heerlike kerriegegeurde, souserige hoendergebak. Boonop is dit net die een kastrol, een pan en jou kapbord en mes wat vuil is. Ten minste, dis al wat vuil is as almal sommer uit die oondpan eet!
8 hoenderstukke, van jou keuse
500 g aartappel
500 g botterskorsie
500 g tamatie (4 groot tamaties)
1 soetrissie
sout en varsgemaalde swartpeper
Vir die sous:
5 ml kerriepoeier
5 ml paprika
50 ml bruinuiesoppoeier
50 ml blatjang of appelkooskonfyt
25 ml suurlemoensap en skil van 1 suurlemoen
25 ml olie
250 ml water
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Bring 'n kastrol water tot kookpunt. Sny 'n kruis in die bo- en onderkant van elke tamatie. Plaas in die kookwater vir 1 minuut, verwyder en spoel met koue water af of sit in 'n bak met koue water. Hou die kastrol met water.
Skil en sny die aartappels en botterskorsie in blokkies. Kook in die tamaties se water vir 10 minute.
Trek intussen die tamaties se skille af en sny in blokkies.
Kry 'n groot oondpan en gooi die tamatie, aartappel, botterskorsie, sowel as die soetrissie en hoenderstukke daarin.
Sprinkel met genoeg sout en varsgemaalde swartpeper.
Maak die sous deur al die sousbestanddele te meng.
Gooi oor die hoender en groente en meng deur sodat alles met die sous bedek is. As jy baie van suurlemoen hou, kan jy die suurlemoen in kwarte sny en ook in die oondpan sit. Bak onbedek in die voorverhitte oond vir 1 uur. Roer dit halfpad en draai die hoender om dat dit so mooi bruin bak aan albei kante.* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/hoender-geregte.html
 
 

No comments:

Post a Comment