Monday, 22 April 2013

DELI HOENDER IN PRUTPOT / SLOW-COOKER

DELI HOENDER IN JOU PRUTPOT
Berie Smith
[MY EIE RESEP]
Hierdie fantastiese prutpotresep laat jou kieppie proe soos braaihoender vanaf jou deli. [ net soos ‘n rotisserie-hoendertjie]
1 hele hoender
Hoenderspeserye na jou smaak
Swaargewig foelie

METODE:
Rol stukke foelie in balle en plaas dit onderin jou prutpot.
Maak jou kiepie skoon en vryf jou speserye lekker in die hoendertjie.
Plaas dit nou op sy borskant bo-op die foelieballe.
Strooi sout oor indien jy dit nog nie gedoen het nie.
Stel prutpot op hoog [baie belangrik, want dit werk nie op laag nie] vir 4 -6 ure.
Geniet nou jou heerlike rotisserie-hoendertjie saam met plat gebraaide aartappeltjies en ‘n slaai of saam met groente en kapokaartappels.
Heerlik!!!!!!3/01/2013.* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/deli-hoender-in-prutpot-slow-cooker.html
Benhet se hoender op Foil... lyk pragtig!>>







Deli Hoender gou in die Slow-Cooker geplaas vir laat aand** foil balletjies aartappels uie wortels en hoender...bietjie sweet-chillie bo oor gegooi maar min**Helena Kruger
.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*







                                               
      FOIL BALLETJIES ONDER IN SLOW-COOKER                                                                                                                                                                     
                      


                                                            UIE EN AARTAPPELS TUSSEN IN

                                           
  



No comments:

Post a Comment