Saturday 20 April 2013

LAMB SHANKS / SKAAPSKENKELS



LAMB SHANKS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/lamb-shanks-skaapskenkels.html
4 lamskenkels
1 bottel Griekse/Franse slaaisous
3 suurlemoene, in kwarte gesny
1 ui, in kwarte gesny
2 heel knoffelbolle, gehalveer
2 takkies vars origanum
2 takkies vars roosmaryn
sout en peper, na smaak
Plaas die lam in ʼn oondkastrol en giet die slaaisous oor. Sit die suurlemoen, ui, knoffel en vars kruie by en geur met sout en peper. Sit die deksel op of maak toe met foelie en plaas in die oond by 160ºC vir 3-3½ ure. Bedien met kapokaartappels*20/4/13
**Elza Jamneck




Boonste resep>21/4/13
en hier is Elza Jamneck se heerlike *Lamb Shanks opgeskep*














SKAAPSKENKELS IN DIE OOND GEBAK


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/lamb-shanks-skaapskenkels.html
6 skaapskenkels
Marinade:
3 groot uie fyn gesny
½ koppie blatjang
½ teelepel fyn gemmer
2 huisies knoffel, fyn gekap
12.5 ml heuning
½ koppie bruin asyn
½ koppie tamatiesous
25 ml appelkooskonfyt
1 blokkie biefekstrak
5 ml mosterdpoeier
'n Knypie fyn naeltjies, neutmuskaat en tiemie
Sout en peper na smaak
25 ml sjerrie
Metode:
Braai die uie en knoffel in 'n klein bietjie olie tot sag en voeg die ander bestanddele by. Prut stadig vir sowat 'n halfuur en roer. Plaas die skenkels in 'n oondbak en giet die marinade bo-oor. Maak die bak toe en los oornag in 'n oond gestel op 100ºC. Voor opdiening, bedruip weer en plaas vir 20 minute oop in 'n baie warm oond 220ºC. Draai ná tien minute en bedruip weer. Nellie van den Berg!!17/7/10 Dankie Helena Kruger





LAMB KNUCKLE/SHANK CURRY

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/lamb-shanks-skaapskenkels.html
*Getoetste resep**
Hierdie is 'n basiese resep wat ek gebruik. Ek het egter op aanbeveling van 'n koskenner-vriend 'n paar veranderinge gemaak. Die veranderinge is langs die bestanddele aangebring. Dis 'n heerlike resep wat ek al meermale gemaak het.
Die 15ml rooi peper is vir my te warm. Ek gebruik net 'n teelepel of 2 rooi rissies met die pitte en wit gedeeltes verwyder. Smaak verskil egter, so mense wat van hulle kos "hot" hou, kan meer ingooi.
1kg lamb knuckles or shank
60ml oil
2 large onions, sliced
3 cloves of garlic, minced
15ml brown sugar
10ml freshly grated ginger root
1 tsp curry (or to taste)
2 cinnamon sticks
4 cloves
4 whole allspice pods (½ tsp fine ground allspice if you can't get the pods)
2 cardamom pod’s seeds
15ml cumin
15ml cayenne pepper (I used 2 chili peppers - pips and white flesh removed)
30ml coriander powder
4 bay leaves
1 x 325g tin of tomatoes (I use 6 fresh chopped tomatoes)
15ml turmeric
250ml water (I use coconut milk)
salt and black pepper to taste
fresh chopped coriander leaves for garnishing
Heat the oil and brown the lamb on all sides in batches. Remove from the pot. In the same pot brown the onion rings. Add the garlic, curry, sugar and fresh ginger and cook for 1 minute. Add all the spices to the pot and return the lamb to the pot moving around to cover all the lamb pieces with the spice mixture. Add the tinned tomatoes, turmeric and 250ml water. Season with salt and pepper and simmer for 90 minutes or until tender. Serve with rice, garnished with fresh coriander leaves.*** Rista Greyvenstein.20/4/13 .

PinkPolkaDotFood



LAMSKENKELS MET KWEPERS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/lamb-shanks-skaapskenkels.html
Moenie skrik vir die metode van skenkels gaarmaak nie - jy begin al die vorige dag om te verseker die skenkels is lekker sag.

(6 - 8 porsies)
30 ml olyfolie
6 lamskenkels (van sowat 2,7 kg)
3 knoffelhuisies, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
5 ml droë gemengde kruie
2 lourierblare
1 bottel (750 ml) rooiwyn
sowat 8 klein piekel-uitjies
Verhit oond tot 180 °C. Vehit olyfolie in 'n groot kastrol.
Braai skenkels so twee op 'n slag tot bruin.
Plaas almal terug in die kastrol wanneer al die skenkels gebraai is.
Voeg knoffel by en geur met sout en peper. Voeg kruie, lourierblare en rooiwyn by.
Maak kastrol toe met deksel en plaas in warm oond vir 1 uur. Haal uit en laat afkoel.
Laat staan skenkels oornag in yskas. Haal skenkels so 3 uur voor etenstyd uit die yskas en plaas in 'n oondroosterbak.
Sit terug in 'n warm oond van 180 °C. Draai en bedruip skenkels so elke nou en dan.
Die vloeistof sal baie lyk, maar dit sal afkook en 'n heerlike sous vorm.
Oondrooster skenkels vir minstens 3 uur tot sag. Sit voor saam met gebakte kwepers
Bron: Sarie Kos





LAMSKENKELSKYWE MET KLUITJIES


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/lamb-shanks-skaapskenkels.html
30ml kookolie,

1Kg lamskenkelskywe(15mm dik gesny),
2uie in ringe gesny,
20ml meel,
sout&peper na smaak,
1Kop hoenderaftreksel,
2Tamaties(geskil &gekap),
2Selderystingels in skywe gesny
200g sampioene gesny,
1Knoffelhuisie gekerf.
KRUIEKLUITJIES:
2Kop bruismeel,
5ml sout,
60g margarien,
60ml gekapte pietersielie,
±250ml water/melk vir meng.
1) Verhit olie in swaarboomkastrol.
Braai vleis bruin alle kante(verwyder) & voeg uie &knoffel in pot &soteer tot deurskynend.
Sit vleis terug in pot.Voeg meel,sout&peper en aftreksel by.
Plaas deksel op,verlaag hitte en prut tot vleis amper sag is.
Voeg res van die groente by,prut vir 10min oor lae hitte.
2)Berei Kluitjies:
Sif droë bestandele saam
Vryf margarien in totdat dit broodkrummels lyk.
Voeg pietersielie by &voeg genoeg melk/water by om sagte deeg te vorm.
Skep lepelsvol deeg op kokende vleis.Bedek &kook nog 15min.
MOENIE deksel oplig voor kluitjies gaar is nie!
Sit voor met basmatie rys.
VARIASIES VIR KLUITJIES:
1) Voeg 5ml kerriepoeier by droe best.
2)Voeg 25ml tamatiepuree/worcestersous by vloeistof.
Bron: Onbekend
Plasing: Moira Botha Dyer.



HEEL SKAAPSKENKELS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/lamb-shanks-skaapskenkels.html
4 Heel lamskenkels(sowat 450gr elk).

Sout en varsgemaalde swartpeper
80 ml (1/2 kop) Meel.
50 ml olyfolie
2 uie
4 wortels.
1 selderystingel.
3 ryp tamaties.
750 ml (3 Kop) vleisaftreksel
750 ml (3 Kop) rooiwyn.
3 roosmaryntakkies.
Ekstra roosmaryntakkies.
Metode:
Voorverhit die oond tot 160. Geur die skenkels met die sout en peper , rol in meel, skud ergste meel af en hou dit eenkant. Verhit die olie in n kastrol en braai skenkels tot goudbruin. Skep dit in n diep oondskottel. Sny die groente in blokkies en rangskik om die skenkels. Giet die aftreksel en rooiwyn oor die vleis en rangskik die roosmaryntakkies bo-op. Bedek die oondbak met foelie en bak so 2-3 ure in die oond. Toets of die vleis gaar is deur met n skerp mes daarin te sny. Sodra dit sag is , verwyder die foelie en bak nog sowat 20-30 minute of tot bruin.Sit die skenkels voor saam romerige fyn aartappels, geroosterde groente . Skep bietjie van die pansappe oor die vleis en garner met ekstra roosmaryntakkies.Huisgenoot*Carol Elliott



HEEL LAMSKENKELS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/lamb-shanks-skaapskenkels.html
6 Heel lamskenkels
Meel om die skenkels in te rol
50ml kookolie
6 vars roosmaryntakkies
8 heel knoffelhuisies
1 ui in blokkies gesny
2 wortels in ringe gesny
1 selderystokkie in ringe gesny
1 suurlemoen met skil en al in wiggies gesny
500ml lams- of beesvleisaftreksel
500ml rooiwyn
15ml tamatiepuree
Sout en peper na smaak
Metode:
Voorverhit die oond tot 120°C. Rol die lamskenkels in die meel en braai oor hoë hitte in die kookolie tot mooi goudbruin. Plaas die skenkels in ‘n kasserolbal saam met die roosmaryn, knoffel, ui, wortels, seldery en suurlemoen. Meng de aftreksel, rooiwyn, tamatiepuree en sout en peper saam en giet oor die skenkels. Bedek en bak vir ongeveer 2 uur of tot die vleis net-net van die been begin afval. Dreineer die vet uit die kasserolbak. Gooi die sous deur ‘n sif en kook dit dan tot die helfte af, verdik indien nodig en sit saam met die lamskenkels op kapokaartappels en groente voor. *Eenskotteltreffers*.


SKAAPSKENKEL IN ROOIWYN EN TAMATIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/lamb-shanks-skaapskenkels.html
1 skenkel per persoon

Bestandele
Heel skenkels (400 -- 600 g)
1 e olie
1 heel ui, geskil met 4 kruienaeltjies daarin gedruk
4 kruienaeltjies
2 lourierblare
2 heel knoffelhuisies
1 wortel, geskil en in drie stukke gesny
2 stengels seldery, in 3 cm stukke gesny
genoeg water en rooiwyn (helfte, helfte) om die skenkels te bedek
2 e tamatiekonsentraat
sout en peper na smaak
Metode
Verbruin die skenkels in die olie. Bedek die skenkels met die water en wyn.
Voeg al die ander bestanddele, behalwe die sout en peper, by. Kook vir twee ure of tot sag. Voeg die sout en peper by omtrent 'n halfuur voor die kookproses verby is.
Haal die skenkels uit die pot en hou eenkant warm.
Sif die vloeistof, gooi die vaste dele weg, en en bring die vloeistof weer tot by kookpunt. Reduseer met omtrent 'n derde en verdik dit dan effens met mielieblom wat met rooiwyn en ekstra tamatiekonsentraat aangemaak is.
Voeg nog sout by indien nodig. Vir ekstra lekkerte kan jy die skenkel nog 'n addisionele uur teen 180°C bak, bedek met foelie.
Voeg bietjie van die onverdikte vloeistof by om te verhoed dat dit vasbrand.(Beeld,14 Julie 2005)*Ade Le .

SKENKELS MET ROOIWYN EN PORT 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/lamb-shanks-skaapskenkels.html
2,5-3 kg skaapskenkels, in skywe gesaag

125 ml koekmeel
45 ml olie
2-3 knoffelbolle, deurgesny
375 ml rooiwyn
375 ml port
60 ml balsamiese asyn
60 ml heuning
Sout en swartpeper
Vars tiemie of roosmaryn
Voorverhit die oond tot 160 °C. Bestuif die skenkelskywe met meel en braai bruin in lotte. Skep uit in ’n oondbak sodat die vleis in ’n enkellaag lê. Druk die halwe knoffelbolle tussen die vleis in. Meng die rooiwyn, port, asyn en heuning en giet oor die vleis. Bedek en verkoel oornag. Geur met sout en peper drie tot vier uur voor ete. Maak die bak dig toe en bak vir twee uur. Haal die deksel af en verhoog die temperatuur tot 200 °C. Bak oop vir nóg 30 minute tot ’n uur, of tot die vleis sag en die sous dik en geurig is. Roer nou en dan. Sprinkel vars tiemie of roosmaryn oor en sit voor. Genoeg vir 8-10 mense.*Ade Le .



SKAAPSKENKELS OP DIE KOLE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/lamb-shanks-skaapskenkels.html
Elke gas moet so tussen een en twee skenkels kry.
Foelie (Tinfoil heavy duty) want die skenkel moenie brand nie.
Rooiwyn
Balsamic asyn
Worcestershire-sous
Tiemie
Koljander – gemaal
Grof gemaalde peper
Gemaalde sout
Uie – opgesny en so paar stukkies by elke skenkel
Knoffel – opsioneel
Wortel – so paar stukkies by elke skenkel
Appelkooskonfyt
Botter of Margarine
Metode:
Braai vinnig die skenkels op die vuur sodat dit seël – omtrent 4 minute altesaam aan alle kante.
Plaas elke skenkel op ‘n stuk foelie en besprinkel al bogenoemde kruie en dinge op na jou eie smaak. Draai nou die foelie toe – draai sommer nog ‘n stuk foelie om elke skenkel want dit moet baie dig en goed toe wees. Veral die rooiwyn en botter moenie kan uitdrup nie. Teen hierdie tyd behoort die kole al reg te wees.
Plaas ‘n wye rooster hoog bo die kole, omtrent so 20 sentimeter afhangende van die hitte – dit moenie te kwaai wees nie. Nou los jy jou skenkel (in die foelie) vir sowat ‘n uur en ‘n half voor jy dit weer omdraai vir nog so uur. Onthou die ding is – die skenkels moet baie stadig gaar word en dit moenie brand nie. Jy sal weet as die vuur te warm is. Wanneer jy besluit die skenkels is nou reg, moet jy eers een afhaal en dit toets – as hy so lekker sag is en amper van die been afval dan is dit mos reg en jy kan maar opskep.*Ade Le


SKAASKENKEL WORTEL EN TAMATIEBREDIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/lamb-shanks-skaapskenkels.html
Genoeg vir 4 mense

80 ml (⅓ k) meel
sout en vars gemaalde swartpeper
3-5 ml (½-1 k) paprika
800 g skaapskenkels, in 2 cm- stukke gesny
30 ml (2 e) olie
20 g botter
1 ui, grof gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
300 g wortels, grof gekap
1 blik (410 g) gekapte tamaties
200 ml rooiwyn
20 ml (4 t) blatjang
5 ml (1 t) worcestersous
handvol vars kruie soos pietersielie of origanum
Meng die meel, sout, peper en paprika en rol die vleisstukkies daarin.
Verhit van die olie en botter en braai die vleis ’n bietjie op ’n slag tot goudbruin.
Skep uit en hou eenkant.
Verhit die res van die olie en botter en braai die ui, knoffel en wortels ’n paar minute.
Geur met sout en peper.
Skep die vleis terug in die kastrol en voeg die tamaties, rooiwyn, blatjang en worcestersous by.
Roer tot alles goed gemeng is en bring tot kookpunt.
Verlaag die hitte, sit die deksel op en laat prut sowat 1 uur of tot die vleis sag is.
Geur na smaak en roer die vars kruie deur die bredie.
Sit voor saam met rys of kapokaartappels.29/9/11 Huisgenoot*Dawie Kruger .




TAMATIE-SKAAPSKENKEL-BREDIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/lamb-shanks-skaapskenkels.html
1kg skaapskenkels,

15ml meel,
15ml olie,
2 uie gekap
2 knoffelhuisies gekneus
sout en gemaalde swart peper
1kg groot ryp tamaties geskil en gekap
6 swartpeperkorrels
5ml suiker
3 aartappels geskil en in kwarte gesny.
Rol vleis in meel en braai in voorverhitte olie tot bruin haal uit kastrol en plaas eenkant.
Soteer uie en knoffel in selfde kastrol tot sag.
Voeg vleis weer by. Geur na smaak. Voeg tamaties peperkorrels en suiker by.
Verlaag hitte sit deksel op en prut ongeveer 2ure.
Voeg aartappels so 30min voor einde by. Kook tot vleis en aartappels sag is.
Bedien met bruinrys of koring*Moira Botha Dyer...

SKAAPSKENKEL EN RIB POT >Helena Kruger..sommer net lekker ..geen fieterjasies nie 28/4/13


 

No comments:

Post a Comment