Monday, 8 April 2013

HOENDER BREDIE / CHICKEN STEW




HOENDERBREDIE Sing Halleluja
1kg Hoender
Sout & Peper
1 Pakkie Sampioensop
250 ml macaroni
125 g botter of margarien
2 uie in blokkies gesny
4 tamaties in blokkies gesny
125 ml ongesifte koekmeelblom
200 ml Water
250 ml Kaas
Geur hoender met sout & peper en kook tot sag.
Ontbeen en sny vleis in stukke.
Vul hoendersous met water aan tot 625 ml.
Voeg soppoeier by, roer gereeld & kook tot dik.
Kook macaronistukkies in soutwater to sag & dreineer.
Smelt botter in 'n groot kastrol.
Voeg uie by & braai tot sag.
Voeg tamaties by & kook 'n rukkie.
Meng meel met water en roer by tamatiesous.
Voeg sop by & roer tot gemeng.
Voeg hoender, kaas & macaroni by, meng en laat 'n paar minute prut.
Sit warm voor met rys en 'n slaai.
6 - 8 persone. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/hoender-bredie-chicken-stew.html

No comments:

Post a Comment