Monday, 8 April 2013
HOENDERKAASKOEK
Hoenderkaaskoek:
(Dankie Mariette Visser vir jou resep!)
Kors
½ pakkie Cream Cracker-beskuitjies, fyn gekrummel
90g (100ml) botter, gesmelt
2ml droë gemengde kruie
Vulsel
30ml botter
1 ui, fyngekap
30ml koekmeelblom
190ml hoenderaftreksel
190ml Cheddarkaas, gerasper
5ml mosterdpoeier
sout en vars gemaalde swartpeper
1 houer (250g) krummelmaaskaas
3 eiers, geskei
80ml room
500ml gaar hoendervleis, in blokkies gesny (vel en bene verwyder)
Bolaag
30ml botter
250g vars sampioene, skyfies gesny
200-250ml room
100g (250ml) Cheddarkaas, gerasper vars pietersielie, fyn gekap.
Metode:
Voorverhit oond tot 180 grade C en smeer ‘n 20cm losboompan.
Meng beskuitjiekrummels, botter en kruie vir kors deeglik saam. Druk vas op die boom van die pan.
Verkoel tot benodig. Berei die vulsel: Smelt botter en soteer ui tot sag. Voeg meel by en braai 2 minute.
Voeg aftreksel geleidelik by en kook tot dik en glad. Voeg kaas, mosterd, sout en peper by.
Klop maaskaas, eiergele en room saam en voeg by kaassous. Voeg hoender by en meng goed.
Klits eierwitte styf en vou by die mengsel in. Skep vulsel in die kors en bak sowat 30 minute tot gaar en gestol.
Laat afkoel en keer uit op ‘n opdienbord. Berei die bolaag: Smelt botter en soteer sampioene tot sag.
Voeg room en kaas by en verhit oor lae hitte tot kaas gesmelt is – die mengsel moenie kook nie!
Skep oor "koek", sprinkel vars pietersielie oor en bedien warm of koud.*Louise Groenewald*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/hoenderkaaskoek.html
Labels:
Kaaskoeke
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment