Monday 8 April 2013

HOENDERVORMS





HOENDERVORM
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/04/hoendervorms.html

850 ml gaar Hoendervleis
30 ml Gelatien
120-125 ml sous waarin jou hoender gekook[bietjie afgekoel]
250 ml Mayonnaise
45 ml Suurlemoensap.
25 ml vars gekapte Pietersielie
1t sout en bietjie peper
125 ml room, styf geklits
1Klein uitjie en stukkie seldery fyn gekap
Maak jou hoender lekker fyn
Smelt jou gelatine in jou hoendersous
Klits jou room styf
Meng alles saam en vou die room in jou mengsel
Skep jou mengsel in enige vorm[voer dit uit met kleefplastiek>makliker]
Plaas in jou yskas om te stol.
Wanner geset ontvorm en versier na jou keuse Helena Kruger 2/12/11*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Maklik en vinnig jy kan Gaar klein blokkies wortel+ ertjies ook in jou mengsel meng!!Helena*foto google*


Rooitee-hoendervorm
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/04/hoendervorms.html

1 koppie kokende warm rooibostee
3 eetlepels gelatien
3 eetlepels koue water
Voeg by 2/ koppies warm water die volgende / koppie soet sjerrie, 1 Eetlepel suurlemoensap, 2 hoenderblokkies en roer tot alles opgelos is....
1 Groot hoender, saggekook met 'n bietjie borrie en sout na smaak en ontbeen. Hou die hoenderstukke redelik grof.
Week die gelatien in die koue water en gooi die kokende tee daaroor, roer tot opgelos. Gooi nou die watermengsel by. Voeg sout en peper na smaak by. Laat die mengsel goed afkoel tot dit amper wil set. Spuit 'n diep vorm met kleefweerder en plaas die hoenderstukke daarin. Gooi die gelatienmengsel oor en maak seker dat dit die hoender oral bedek. Plaas oornag in die yskas. Keer om op 'n vleisbord, garneer met blaarslaai, tamatieskywe en hardgekookte eierskywe en mayonaisse. Sny met 'n skerp mes en bedien met slaaie en brood.
Geurmiddels soos knoffel, paprikapoeier, tiemie ens. kan by die gelatienmengsel gevoeg word na smaak. (Radi van Zyl)2/12/11*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


HOENDER (ALTYD VIR FUNKSIES GEDOEN)
Braai 2 groot uie tot sag
Voeg by 3 teelp.kerriepoeier
3teel. Asyn
2 eetl appelkoosjam
Voeg by 1 kop mayonnaise
Roer by hoender. Sit in ringvorm of pannetjie en bedien saam met brood
of kouevleis en slaai.

Geplaas deur: Janine Mostert*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

No comments:

Post a Comment