Monday, 8 April 2013

HOENDERGEREGTE / CHICKEN RECIPES


MIKROGOLF-HOENDERPORSIES
1/2 pakkie Bacon Kips fyngedruk in sakkie
1/2 pakkie (20g) Parmasankaas
12 Hoenderporsies (ontbeende Borsies werk beste)
Hoenderspeserye


Metode:
Sprinkel bietjie asyn oor die hoender, dan speserye en rol dit in die krummels van die bacon kips.
Laat staan ‘n paar minute.
Mikrogolf op 100% krag vir 10 - 15 min (afhangende van die krag van die mikrogolfoond - toets deur klein snytjie te maak en te loer of dit gaar is.)
Haal uit en laat staan vir nog so 5 minute.
Bedien.RSG 10/9/10 Helena

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/hoendergeregte-chicken-recipes.html 


Elda Lombard
Portugese Hoeder.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/hoendergeregte-chicken-recipes.html 
Lewe 6 porsies
Mickrogolf
1 groot ui , geskil en in skyfies gesny.
30 ml margarin of botter (25g)
3 middelgroot tamaties ,geskil en gekap.
6 hoenderboudjies­,oortolige vet verwyder
Sout en peper na smaak.
6 skywe mozzarella -kaas
30 ml gekapte uiegras
Paprika

METODE
1. Plaas ui In 'n vlak oondskottel,voe­g smeer by en mikrogolf 4 minute by volle krag. Roer en voeg gekapte tamaties by.
2. Rangskik hoenderboudjies­ bo-op , Tamaties,geur ,bedek en mikrogof 15 tot 18 minute by volle krag. Hou bedek en laat 5 minute staan.
3. Plaas skywe mozzarella -kaas bo-op,
Strooi gekapte uiegras en paprika bo-oor en mikrogolf 2 tot 3 minute by volle krag tot kaas gesmelt het. Sit dadelik voor.
Wenke;
As ui-en- tamatiemengsel te waterig is,verdik met 15 ml koekmeelblom. As tamatie te suur is , voeg 5 ml suiker by.


Berie Smith
HOENDERPASTEI IN JOU MIKROGOLFOOND:
by Leer Kook Met Jou Mikrogolf
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/hoendergeregte-chicken-recipes.html 
1 Pak hoenderporsies van ongeveer 1kg (4-6 stukke).[of koop gaar hoender]
5ml Sout, peper na smaak.
1 Blik Unox gekondenseerde sampioensop
½ Koppie (125ml) suurroom (opsioneel)
½ Eetlepel droë mosterd

Kook hoender tot sag, +- 18-20 minute op hoog met deksel op, verwyder bene en sny in
stukke, voeg res van bestanddele by en meng.
Kook saam vir 5-minute op hoog met deksel op.

Kors:
1 Eier geklits
1 Koppie Bruismeel
½ Koppie olie
¼ Koppie melk
½ Teelepel sout

Klits eiers, melk, olie saam, voeg by meel en sout, meng goed en skep deeg op hoender,gebruik twee lepels.
Mikrogolf 10-minute op hoog met deksel op
Jy kan ook dié kors vervang met kapokaartappels, nog vinniger en baie lekker. Strooi paprika op

APPELKOOSGLANSHOENDER
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/hoendergeregte-chicken-recipes.html 
(4-6 PORSIES)
Heel hoender ongeveer 1.5kg
5ml appekooskonfyt
Sout
Bietjie paprika
Bietjie hoenderspeserye
Sousmengsel
Swartpeper
Witpeper
5ml botter
Droog hoender af met kombuispapier. Mikrogolf appelkooskonfyt 10sekonders op hoog tot sag en smeer oor honder. Strooi sout, paprika, hoenderspeserye, sousmengsel en peper oor hoender. Verhit bruineerbak vir 8min op hoog, voeg botter by en mikrogolf vir 3min op hoog. Plaas hoender in bak en mikrogolf 2min op hoog, draai hoender op bors en mikrogolf 22min op hoog. Plaas deksel skuins op bak gedurende die gaarmaaktyd. Laat hoender 20min staan voor dit gesny en bedien word. *Stap vir stap in die mikrogolf*

Wenk
Witvleis word altyd op hoog gemikrogolf en die sousmengsel absorbeer van die vloeistof.

Linda Grove se
HOENDERTREFFER
(Mikrogolf)
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/hoendergeregte-chicken-recipes.html 
1.5kg hoenderstukke
125ml sagte bruinsuiker
25ml kerriepoeier
Geuropwekker
Sousmengsel
10ml botter
150g uie gekap

SOUS
250ml tamatiesous
37,5ml Worcestersous
Skeutjie tabascosous
375ml kookwater
70ml suurlemoensap
125ml blatjang
37,5 ml sojasous
1 blik sampioenroomsop of 1pk sampioensoppoeier
Droog die hoender met kombuispapier af. Strooi bruinsuiker, kerriepoeier en geuropwekker oor. Rol in bietjie van die sousmengsel om vogtigheid te absorbeer

Mikrogolf 5ml botter 1 min op hoog in ‘n  beker. Voeg die uie by en mikrogolf 5min op hoog. Voeg sousbestandele by uie. Meng deeglik. Mikrogolf 8min op hoog – roer 2 keer – totdat sous net-net begin kook. Voeg klein bietjie van die kookwater by indien sous te dik is. Verhit bruineerbak 8min op hoog. Voeg orige botter by en mikrogolf nog 3min op hoog. Plaas hoenderstukke in bruineerbak, mikrogolf 10min op hoog. Draai hoender om en giet warm sous oor. Bedek en mikrogolf 14min op hoog. *Stap vir stap in die mikrogolf*

No comments:

Post a Comment