Monday, 8 April 2013
PORTUGUESE HOENDER
Portuguese Hoender. Lewe 6 porsiesMikrogolf 1 groot ui , geskil en in skyfies gesny. 30 ml margarine of botter (25g) 3 middelgroot tamaties ,geskil en gekap. 6 hoenderboudjies,oortolige vet verwyder Sout en peper na smaak. 6 skywe mozzarella -kaas 30 ml gekapte grasuie Paprika
METODE
1. Plaas ui In 'n vlak oondskottel,voeg smeer by en mikrogolf 4 minute by volle krag. Roer en voeg gekapte tamaties by.
2. Rangskik hoenderboudjies bo-op , Tamaties,geur ,bedek en mikrogof 15 tot 18 minute by volle krag. Hou bedek en laat 5 minute staan.
3. Plaas skywe mozzarella -kaas bo-op,
Strooi gekapte uiegras en paprika bo-oor en mikrogolf 2 tot 3 minute by volle krag tot kaas gesmelt het. Sit dadelik voor.
Wenke;
As ui-en- tamatiemengsel te waterig is,verdik met 15 ml koekmeelblom. As tamatie te suur is , voeg 5 ml suiker by.
Geplaas deur: Elda Lombard
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment