Monday 29 April 2013

KERRIE VARKWORSPOTJIE


Kerrie Varkworspot

André Potgieter
(My eie resep)
(genoeg vir 3-4 mense)
Bestandele ;
1 Pakkie Pork bangers(8) (Traditional)
3 uie
4 aartappels
1 450gm blik gesnyde groenbone
Sonneblom olie
Cartwrights Medium kerrie
1 Lourierblaar
1 kaneelstokkie(die gedroogte bas)
1 eetlepel Kerrie pasta
Sout
Metode
Sny uie in ringe en braai in 2 eetlepels sonneblom olie tot glaserig
Voeg kerrie en lourierblaar en kaneelstokkie by
Roer goed deur
Voeg gevriesde varkworsies en 1 eetlepel gekapte knoffel saam met varkworsies in die pot. by en braai nog
Voeg aartappels in kwarte gesny by en water om te bedek.
Kook tot aartappels amper sag
Voeg 1 eetlepel kerrie pasta by en roer deur
Voeg sout by na smaak
Voeg blikkie gedreineerde groenbone by
Kook stadig verder vir 20 minute.
Jy kan die deksel skuins oplaat om van die meeste water af te kook.
Dan sal jy n Lekker dik sous kry (uie maak sous dik).
Laat pot rus vir so 20-30 minute. Dien op saam met rys.
Nou ja, ek is n vryhand mens. Sout gooi ek in hand en dan in pot. Kerrie ook uit pakkie soveel as wat ek dink. WENK - gooi altyd jou kerrie eers in n klein bakkie en kyk of daar nie van daardie “cigarette bugs” in is nie . Ek gooi water ook saam in bakkie en roer. Daardie goggas sal begin dryf as daar in is. Het al duur lesse geleer met die goggas.
Indien jy van sterk kerrie hou, gebruik dan jou voorkeur kerrie. Sterkte en Lekker eet.*29/4/13

No comments:

Post a Comment