Monday 22 April 2013

KWEPER BREDIE GEREG


NOSTALGIESE KWEPER BREDIE
WENK
Kwepers raak vinnig bruin as jy hulle skil. Laat lê hulle in ’n bietjie sout- of suurlemoenwater tot jy reg is om hulle te gebruik.
“Die vrug is in die herfs in seisoen en veral volop in Mei.
BESTANDDELE
4 uie, grofgekap
4 wortels, geskil en grofgekap
olie om te soteer
5 ml fyn kaneel
2,5 ml fyn neutmuskaat
30 ml fyn koljander
5 ml borrie
sout en peper
1,4 kg lamsblad, in blokke gesny
8 kwepers, gewas
2 liter lam- of beesvleis-aftreksel
3 aartappels, grofweg gesny
’n hand vol vars kruie soos pietersielie of koljander (opsioneel)

AANWYSINGS
1 Verhit die oond tot 160 oC.
2 Soteer die uie en wortel in
olie tot die uie goudbruin word – gebruik ’n swaarboomkastrol met ’n deksel wat in die oond kan gaan. Skep die uie en wortel uit.
3 Vryf die speserye goed in die vleis in, gooi saam met die olie in die kastrol en braai die vleis bruin.
4 Skep die uie en wortel terug in die kastrol by die vleis.
5 Sny 4 heel kwepers met stronk en al in kwarte en pak die stukke tussen die vleis.
6 Giet die aftreksel oor die vleis, voeg nog water by indien nodig en verhit tot kookpunt.
7 Sit die deksel op, plaas die kastrol in die oond en laat vir 90 minute stadig prut.
8 Bak intussen die orige kwepers op ’n bakplaat in die oond. Dit sal ongeveer 40 minute neem om sag te bak, afhangende van hoe groot die kwepers is. Haal die kwepers uit sodra dit reg is en hou eenkant.
9 Haal die vleis ná 90 minute uit die oond en voeg die aartappels by. Voeg nog aftreksel of water by as die bredie te droog lyk.
10 Geur na smaak met sout en peper en plaas terug in oond tot die aar­tappels sag en deurgaar is
– so 30 minute.
SÓ SIT JY DIT VOOR
Sny die oondgebakte kwepers in growwe stukke, strooi dit oor die bredie en strooi gekapte vars kruie oor. Sit die bredie voor met stampmielies of koring.
Bron: Hetta van Deventer-Terblanche en Rapport***
Gerrie van Antwerpen  http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/kweper-bredie-gereg.html

 




KWEPER BREDIE
1 groot ui gekerf
 3 knoffelhuisies gekneus
 1/4K olyfolie
800g kookvleis in blokke gesny
 2t sout
1t peper
 3K water
1 klein blikkie tamatie pasta
 2 kwepers (moet nie skil nie. Sny soos appel maar verwyder al die harde gedeelte binne-in)

1/4K lemoensap
3/4K ontpitte opgekapte pruimedante
2 tamaties geskil & in blokkies gesny
4med aartappels geskil & in blokke gesny
1/2t naeltjies
1/2t gemmer
1/2t tiemie

METODE:
 Braai ui & knoffel in olyfolie tot sag & glansend, so 1-2min.
 Voeg vleis by & sit deksel op & kook tot vleis sag is.
Roer gedurig. Voeg nou geurmiddels by & water; tamatie pasta; lemoensap; kwepers; pruimedante; tamaties & aartappels.
Sit deksel op & kook tot vleis sag is so 1uur.

Roer gedurig. Wanneer gereed, giet in opskepbak & bedien met rys, couscous, kappokaartappels of selfs stampmielies.*Sarie *Moira Botha Dyer http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/kweper-bredie-gereg.html

No comments:

Post a Comment