Monday, 22 April 2013

VISPASTEI



TUNA PASTEI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/vispastei.html
1 of 2 pakke skilferkors, uitgerol

2 blikke tuna, gedreineer en gevlok
Mayonnaise na smaak
1 UI, fyngekap
½ groen soetrissie, fyngekap
Handvol peppadews, fyngekap
2 huisies knoffel, fyngemaak
METODE
Meng alles goed saam, plaas op die deeg en rol dit op.
Jy kan ook twee stukke skilferkorsdeeg gebruik deur die vulsel op die een te plaas en te bedek met die ander een.
Smeer met melk en eier.
Bak teen 210 grade vir 20 minute.
Kinders is mal hieroor!
Bron: RSG RESEPTE*
AMANDA SE VISLUSDIS

VISPASTEI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/vispastei.html
700g skelvisfilette,
600ml melk,
1 ui in dun skyfies gesny,
1 lourierblaar,
4 swartpeperkorrels,
1x350g salmfilet,
150ml droe wit wyn,
120g steurgarnale -skoongemaak,
1/3kop botter,
60ml meel,
2 eiers hardgekook,afgedop &fyn gekap,
30ml gekapte pietersielie,
sout&witpeper
1Kg aartappels,geskil.
(1) Plaas skelvis,500ml melk,uie,lourierblaar &peperkorrels in 'n pan.
Verhit tot kookpunt &laat 10min prut of tot vis maklik vlok.
Dreineer maar behou vloeistof.

(2) Plaas salm &wyn in ander pan &verhit tot kookpunt.
Voeg steurgarnale by &laat so 2min prut.
Dreineer vis,maar behou vloeistof.
(3)Smelt 30ml botter &roer meel by.
Roer oor matige hitte vir so 2min.
Roer behoue melk &wyn by en tot kookpunt.

Verwyder van hitte.
4) Vlok vis grof &roer by sous.
Roer eiers &pietersielie by &geur na smaak.
Skep in gesmeerde pasteibak.

(5)Kook aartappels in soutwater tot sag.
Druk fyn &voeg oorblywende melk &botter by,Geur na smaak.

Plaas in spuitsak &spuit rosette bo-op pastei,
Bak in voorverhitte oond by 180gC vir 20min of tot goudbruin.

Dien warm op.
Bron: Onbekend*Moira Botha Dyer

No comments:

Post a Comment