Saturday 20 April 2013

SJOKOLADE MOUSSE



SJOKOLADE MOUSSE




Aandete-bederf – maak hierdie lank voor die tyd en laat dit in die yskas om te set.
Dis belangrik dat jy sjokolade gebruik waarvan jy hou omdat dit die hoofsmaak van die mousse is.
As jy wil, kan jy 3 e likeur of brandewyn saam met die eiers by die mengsel voeg.
(bedien 8-10)







Bestanddele:

300 g goeie kwaliteit wit- of donkersjokolade
30 g botter
2 eiers
4 eierwitte
4 e strooisuiker
500 ml kloproom

Metode:
Smelt die sjokolade in ʼn bak oor ʼn pot pruttende water. Maak seker dat die basis nie aan die water raak nie.
Voeg die botter by en roer totdat opgelos.
Haal van hitte af en laat ʼn paar minute afkoel. Klop die twee eiers liggies en voeg by die sjokolademengsel (voeg ook die likeur of brandewyn by as jy wil).
Klits die eierwitte tot sagtepuntstadium terwyl die suiker geleidelik bygevoeg word.
Klop een derde hiervan by die sjokolademengsel om dit los te kry en vou die res versigtig in. Klop die room en vou in.
Gooi in een groot bak of individuele glasies. Bedek en laat minstens vier uur in die yskas.

WENK: 
Hierdie nagereg is dalk bietjie uit die mode, maar dit maak dit beslis nie minder lekker nie.
As jy baie haastig is en dit nog steeds wil maak probeer my kortpadplan. Smelt 100g sjokolade (jou keuse hoe soet).
Laat dit effe afkoel. Klits intussen 250ml kloproom tot styf.
Meng ‘n paar lepelsvol in by die sjokolade (sodat die temperature aan mekaar gewoond raak). Vou dan die res van die sjokolade in by die room.
En dis dit – skep in bakkies en plaas in die yskas.
(En onthou jy kan die smaak aanpas deur bietjie bandewyn of likeur by te voeg)
Bron: Pasella Resepte***Henriette Wessels
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/sjokolade-mousse.html




AN SE MAKLIKE SJOKOLADE MOUSSE


Smelt 200 gr blok donker sjokolade en 150 gr pakkie marshmallows in glasbak in mikrogolf oond tot gesmelt.
Roer kort-kort.
Laat bietjie afkoel terwyl jy 1 blikkie Ideal melk, oornag in yskas, styf klits.
Vou Sjokolade by Ideal melk. Skep in mooi glasies,
Plaas in yskas tot voor opdien.
Versier met cherries, room, flake en mint blaartjies.
Kan ook in mooi teekoppies, in pierings, bedien word, sit mooi teelepel op piering en bedien.
Bron: Radio Namakwaland*Henriette Wessels http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/sjokolade-mousse.html




SJOKOLADE MOUSSE 1



Jacqueline Steyn Vinnig en lekker

50g sjokolade
1 eier

Smelt sjokolade in bak oor pot met kookwater. Skei eier, meng gesmelte sjokolade met eiergeel. (Mengsel is nogal styf) Klop eierwit tot styf en vou in by sjokolade mengsel. Sit in yskas tot styf. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/sjokolade-mousse.html



Dalene Brits Probeer hierdie een:

SJOKOLADE MOUSSE 2



250 ml Stork Cremendous ( of enige ander room)

1 blik gekookte kondensmelk
3 eetlepels kakao

Bereiding
Klop die stork cremendous ( of ander room) styf
Voeg die gekookte kondensmelk by die room .
Voeg die kakao by en klits tot die kakao opgelos is
Versier die Sjokoladesponskoek met die mousse
Verkoel vir minstens ’n uur.




Catherina Human Meyer


DECADENT DARK CHOCOLATE MOUSSE 3


Serves: 4

Ingredients:
200 g dark chocolate
75 g butter
4 eggs
2 T icing sugar
1 cup whipped cream

COOKING INSTRUCTIONS 

In a glass bowl over a saucepan of simmering water, melt dark chocolate with butter.
Separate eggs and beat the yolks.
Add the chocolate mixture to the yolks and stir to combine.
Beat the egg whites with icing sugar until stiff peaks form.
Fold whipped cream into the chocolate mixture and then do the same with the egg-white mixture.
Spoon into moulds and chill until set.

Recipe by: Abigail Donnelly



BAR ONE SJOKOLADE - MOUSSE
By Koek En Tert
BESTANDDELE :

4 bar ones ,opgesny
100ml melk
15ml kakao
150g marsmallows

METODE :
Sit so 3 en 'n half barones en die melk in die mikrogolf ( 1000W ) vir so 1 minuut ,meng dan tot glad .
Voeg die kakao by en meng goed.
Voeg marsmallows by en mikrogolf weer vir so minuut tot marsmallows lekker opgepof is .
Meng nou alles saam tot glad en sit in 4 bakkies en in die yskas tot gestol .
Vat daai halwe bar one wat eenkant gehou is en sit dit bo-op vir daai ekstra bederf .
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/sjokolade-mousse.html 


 

CHOCOLATE MOUSSE
By Koek En Tert

BESTANDDELE :
50 ml vla
50 ml Kakao
175 ml suiker
* Meng bogenoemde saam met bietjie melk van die 500 ml
500ml melk - kook die melk wat oorgebly het
15 ml gelatien
30ml kouewater
* Meng dit en hou eenkant
510 g Idealmelk

METODE :
Meng vla, kakao, suiker en voeg van 500 ml melk by Kook res van die melk Gooi by vla mengsel, en gooi terug in kastrol en kook dit net op. Roer aanhoudend. Meng gelatien en kouewater en laat staan om dik te word. Gooi dan die gelatien by melkmengsel. Roer tot dit opgelos is. Laat afkoel. Klop Idealmelk styf en vou in die mengsel.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/sjokolade-mousse.html 


Sjokolade-mousse
1 l room
1 blik kondensmelk
2 pakkies kits sjokoladepoeding
Gooi al die bestanddele saam in ‘n groot mengbak. Laat die mousse oornag in die yskas afkoel. Mardi Delport” 8/4/11  
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/sjokolade-mousse.html 

FLOP FREE CHOCOLATE MOUSSE




Ingredients
150g dark chocolate - chopped
4 large eggs - separated
100g butter - softened
2tsp castor sugar
Extra chocolate, finely grated, for decoration

Method
Melting the chocolate in the correct way is the key to this recipe.

Fill the bottom half of a double boiler with water and place the chocolate in the top pot. Make sure the water does not touch the bottom of the top pot. Place over medium heat and allow the steam to slowly melt the chocolate. Stir to make sure it is all smooth, then allow to cool for 5 minutes.

If you do not have a double boiler, construct your own by simply adding a bit of water to a pot and placing another pot with the chocolate on top.
In a small mixing bowl, beat the egg yolks until light and creamy. Gradually add this to the chocolate while whisking continuously to incorporate air. Add the butter and beat until fully incorporated and your chocolate mixture is nice and shiny.

In a clean bowl with a clean whisk, beat the egg whites until they form soft peaks. Gradually add the castor sugar and continue to whisk until the egg whites are stiff and satiny. Fold the egg whites into the chocolate.

Pour into cups or ramekins.
Cool and then refrigerate for at least an hour.
Before serving, decorate with finely grated dark chocolate.
Decorate with fresh fruit if desired.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/sjokolade-mousse.html

No comments:

Post a Comment