Saturday 20 April 2013

SOETMIELIEKOEK MET HEUNINGSTROOP



SOETMIELIEKOEK MET HEUNINGSTROOP
3 mielies (250ml gaar mielies)
90ml ongesoute botter
190ml suiker
3 eiers, teen kamertemperatuur
125ml suurroom (crème fraîche)
1 k koekmeelblom
2 t bakpoeier
knippie sout
2 k polenta
heuningstroop*
Metode:
Draai elk van die mielies in ‘n enkellaag kombuispapier toe en plaas in die mikrogolfoond vir 3-4 minute tot gaar.
Laat toe om af te koel en sny die mieliepitte van die stronk af en hou eenkant.
Voer ‘n koekpan met ‘n deurnsnit van 20cm met bakpapier en kleefwerende sproei uit.
Plaas die botter en die suiker in ‘n mengbak en verroom tot lig en donsig.
Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging.
Voeg die suurroom by en meng goed. Sif al die droë bestanddele saam en vou dit met ‘n metaallepel in die mengsel.
Roer laastens die gaar mieliepitte deur die beslag. Giet die beslag in die koekpan en bak vir ongeveer 40 – 45 minute by 180°C.
Gooi die heuningstroop oor die koek sodra dit uit die oond kom. Bedien met crème fraiche of room.
* Heuningstroop: Smelt 3 e heuning en 3 e botter saam.
Bron: Pasella Resepte**Henriette Wessels

No comments:

Post a Comment