Monday, 3 June 2013

PAMPOENTERTE



PAMPOENTERT
Hi - hier is die pampoentert resep soos belowe :-

160g botter/margarien
250ml suiker
4 eiers
1 & kwart kop meel
22.5ml bakpoeier
2.5ml sout
3 & driekwart kop gerasperde rou Hubbard Squash (nie seker of ander pampoen ook sal werk nie)
6ml vanielje geursel.

Room botter, suiker en eiers.
Sif meel, bakpoeier en sout by
Meng liggies deur
Voeg gerasperde pampoen en vanielje by.
Bak in gesmeerde oondpan/pyrex bak by 190 Grade vir ongeveer 45 minute.
Jy sal nooit sê dis groente nie - baie baie lekker.
Geplaas deur: Irma Parker
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/pampoenterte.html

PAMPOENTERT
Meng saam in 'n bak

125ml koekmeel
125ml suiker
5ml bakpoeier

meng saam in 'n ander houer
125ml melk
125ml room
1 eier

meng nat en droog en voeg by 435ml pampoen (gaar en nie waterig nie)
Skep in bak wat met nie kleefbare middel gespuit is en strooi 125ml kaneelsuiker oor strip met 40ml botter bo op kaneel suiker
Bak vir 1 uur op 180 grade en geniet warm of koud
Tert kan vooraf gemaak word en weer warm gemaak word maar stip dan net met botter weer
Geplaas deur: Nadia Burger 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/pampoenterte.html


PAMPOENTERT

½ koppie suiker
100 g margarien
3 eiers
1 koppie bruismeel
1 tl sout
½ tl gemengde speserye
500 g gaar fyn pampoen


STROOP
100 g margarien
½ koppie suiker 
1 tl vanilla geursel
1 koppie Ideal melk

Klits die suiker en margarien tot romerig.
Voeg die eiers by en klop goed na elke byvoeging.
Voeg die bruismeel, sout en pampoen by en roer tot goed gemeng.
Gooi in 'n pyrex bak en bak by 180°C vir 40 minute.
Kook die stroop bestanddele saam vir 2 minute, gooi oor die warm tert sodra dit uit die oond kom. 
Geplaas deur: Carin Kotze
Lekker resepte vir die jongergeslag
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/pampoenterte.html

BUTTERNUT  PAMPOENTERT

*Lizl Bester
3 Koppies Pampoen 1 Koppie = 250ml
1 Koppie Koekmeel
4 Teelepels Bakpoeier
1 Koppie Suiker
4 Eetlepels Gesmelte Botter
2 Eiers
1 Teelepel Sout
1 Koppie Room
Kaneelsuiker bo-oor

Meng alles saam, gooi dan in `n bak met aangemaakte kaneelsuier bo-op sodat die kaneelsuiker basies smelt in die pampoen in.

Bak by 180*C vir 45 minute. Selfs klein kindertjies is baie lief daarvoor want dit proe soos poeding!!!! 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/pampoenterte.html

Cornelle Odendaal
Heerlike Pampoentert MET IDEAL MELK

Klits saam:

125 g margarien
200 ml suiker
3 eiers

Sif saam en voeg by eerste mengsel:

250 ml koekmeelblom
15 ml bakpoeier
2 ml sout

Voeg by boonste mengsel:

3 koppies koue, gaar pampoen (botterskorsie)
1 t vanieljegeursel

Plaas in glasbak en bak vir 40 minute teen 190 ºC.

Sous:
1 koppie suiker
1 t vanieljegeursel
3 eetl margarien
1 blik Ideal melk

Kook die sous vir 5 minute en giet oor die warm tert sodra dit uit die oond kom.  
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/pampoenterte.html



No comments:

Post a Comment