Monday 3 June 2013

STEAK BESPREKING


 



WATS DIE MOETS EN MOENIES OM N STEAK LEKKER GAAR TE MAAK ?

Johan Smal
Steak moet nie gevries word nie. Smeer met kookolie voordat jy dit braai, pleks van olie in 'n pan gooi. Smeer selfs as jy dit op die kole wil braai. Moenie dit te gaar maak nie.

Angus Olivier
vleis moet kamertemperatuur wees, voor jy op die kole sit. die kole moet jou brand na 3 - 4 vier sekondes op braai hoogte. sit die vleis op rooster, en draai eers na jy bloederigheid bo-op sien. wanneer jy weer bloederigheid op die gebraaide kant sien, gooi sout of speserye en draai. selfde; natterigheid sal nou minder wees, spice en draai. as dit weer nat word, is hy med gaar. 2 vingers dik steak sal nou pienk wees op hierdie manier. as jy dit weer twee maal so draai (elke keer as jy vog sien), is hy med - well. jy kan dit deursny om vir mamma te wys, sy glo mens mos nie. dunner steak werk presies dieselfde, toets net die kleur binne-in na jou smaak. as jy drink, vermy braai of lei die gevolge...

Angus Olivier
as jy voor die tyd spice, trek die sout die vog uit en jy sit met droe vleis. jy kan olyf olie selfs op die vleis gooi oor die kole, en staan weg! dit bied 'n lekker kyk materiaal, en die vleis is ook lekker maar baie olierig en dis duur...

Marietjie Bezuidenhout
Ek smeer steak met olyf olie en jou pan moet warm wees. Jy bak meduim tot rou steak twee min aan elke kant. Meduim tot gaar drie min aan elke kant. Ek meng my spice met vleisversagter en strooi dit op die steak terwyl dit bak. Maak die steak lekker sappig. As die steak klaar gebak het, laat rus dit vir n paar min voor opdien.

Angus Olivier
skaap tjoppies draai jy amper die heel tyd. as jy 8 braai, kan jy na die laaste een weer die eerste een draai; op daai spoed. hulle hou daarvan. sodra dit lyk of hy begin gaar wil wees, spice en draai,spice en draai weer een keer en hy behoort reg te wees.
 
Angus Olivier
varkie draai ook baie, nie so baie soos skaap nie. sal so vierkeer draai (op die nat - draai - nat - draai manier) en dan spuit jy bietjie suurlemoen sap op, spice, draai en weer sap en spice, draai nog een keer. as hy styf is, is hy reg. jy kan na die vetjie kyk (na crispy smaak) of deursny en toets. die suurlemoen werk baie goed, ek braai nie otjie sonder dit nie.

Angus Olivier
tenderised steak werk anders. jy kan hom spice en braai. hy gaan anyways droog wees. lekker as jy 'n sous maak en oorgooi, en vir ouens met minder tande... hy sal nie sommer pienk van die rooster afkom nie... 


                                                KNOFFEL MOSSEL STEAK
Foto>Helena Kruger>Die Grasdak Bultfontein
 





T BONE

Frankie Schultz
Hey Helena, die een moet ek met die groep deel, ek doen hom bietjie anders, in swaar gewig foil sny ek een of twee groot ui in ringe dan strooi ek bruin-ui sop poeier oor dan ñ T-bone steak bo-op met nog bruin-ui sop poeier oor,draai toe in die foil om elke steak sy eie pakkie te maak, en bak in oond op so 140 grade celcius vir so ñ uur en ñ half! Geen vloeistof of water by nie die ui maak sy eie sousie! Oh ja ek het dit al met shin,short-rib of dik chuck gedoen met groot sukses! Lekker met mash of geroosterde veggies in die oond! Lekker maklik moeite vry watertand resep! 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/steak-bespreking.html


STEAK IN OONDPAN

Cathy Niemand Bezuidenhout
Oondpan uitgele met foelie.
Pak tenderised steak bo-op foelie in oondpan.
Gooi 'n pakkie bruinuiesoppoeier bo-oor die steak en sit paar hompe botter bo-op steak (nie te veel nie).
Gooi klein bietjie water by en maak die foelie toe.
Bak tot steak lekker sag is.



 

Yolande van der Merwe
WENK VIR LEKKER SAGTE STEAK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/steak-bespreking.html
As jy jou steak wil gaar maak en die vleis sag en sappig wil he vat jou vleis en gooi dit klaar met jou speserye, daarna neem jy n biedjie suiker en vryf dan die suiker op alby kante van die vleis.
Nou kan jy dit op die braairooster sit of in die oond en gaar maak.
Die suiker wat smelt met die hitte seel jou vleis dan aan alby kante tergelyke tyd dan raak jou vleise sag en sappig gaar en bly die sous binne in totdat jy die mes vir die eerste keer deur dit trek in jou bord.
Dit is wat ons in die resturante met dit maak. Geniet dit!15/04/2015

No comments:

Post a Comment