Saturday, 13 July 2013

HUISHOUDELIKE SKOONMAAKMIDDELS


BOERSEEP

250 g seepsoda
1 liter koue water
50 ml sitroenella olie (of olie van keuse )

Smelt die vet in ‘n stainless steel kastrol en hou eenkant totdat dit redelik afgekoel het. Jy moet jou vinger vir 10 sekondes daarin kan hou sonder om te brand. Gooi die vlokkies seepsoda in ‘n erde emmertjie en gooi dan die koue water daarop en roer paar kere met houtlepel, sit die deksel bo-op en laat staan op ‘n veilige plek. Laat staan totdat dit min of meer dieselfde hitte het as die vet (as jy ‘n kook termometer het is dit ‘n pluspunt). Gooi nou die seepsodawater by die vet (en sitroenella olie) en roer totdat dit soos versuikerde heuning begin lyk ( dit vat nogals ‘n rukkie, maar moenie moedeloos word nie) gooi uit in ‘n vierkantige plastiek bak wat uitgevoer is met ‘n linnelap (die lap kan net die bodem bedek en lank genoeg wees dat jy vatplek het wanneer jy die seep uitkeer). Die mengsel behoort warmer te word as gevolg van ‘n chemiese reaksie. Sit die bak met die mengsel bo-op in hout broodplank met ‘n stainless steel skinkbord bo-oor die bak en bedek met swartsak en met ‘n kombers. Maak die seep laatmiddag en laat dit staan tot die volgende oggend. Maak die kante van die seep los van die bak en trek nou die lap aan weerskante stadig totdat dit loskom van die boom, keer die seep uit en merk die stene uit en sny met skerp mes. Laat staan vir ‘n week of wat voordat jy daarvan gebruik.Jy behoort 12 stene uit te sny van 8 x 7 cm en omtrent 3 cm dik. 
Bron: (Peterjasie)
Geplaas deur: Carol Elliott Claassen

  
Trudi Mclachlan
WASGOEDSEEP

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/07/huishoudelike-skoonmaakmiddels.html
1 koekie seep ongeveer 250 gram (ek gebruik die pienk of wit sunlight seep so 1 en 3/4 koekie)
1 koppie boraks
1 koppie wassoda
(NIE seepsoda - caustic soda nie)
6 koppies water
Rasper seep en kook in water tot opgelos.
Voeg by boraks en seepsoda en kook nog ’n rukkie .
Laat afkoel vir ongeveer 8 ure (oornag)
Klits met ’n regop voedselverwerker tot dit soos ’n room lyk.
Gooi in bottels en gebruik ongeveer 1 -2 eetlepel per bondel.
Variasie op bogenoemde - rasper seep fyn, meng met boraks, en wassoda en voeg 1 k koeksoda by meng en gebruik 1-2eetlepels op 'n bondel droog.





Helena Kruger
DISHWASHER DETERGENT RECIPE
1 cup Baking Soda
¼  cup Table Salt
2 packets Lemon Kool-Aid
Mix all the ingredients in a tightly sealed container and use 1-2 tablespoons per load of dishes *** uit*A Mum in the Oven**15/6/12



Elza Jamneck
Was julle self julle matte met 'n matwasser? Ek het net die regte matsjampoo resep wat wondere verrig. Dit slaan mens se asem weg...maar hou maar uit...die eindrusseltaat is die moeite werd!
MATSJAMPOO:
1 koppie spiritus
1 koppie scrubbs amoniak
1 teelepel skotelgoedseep
Gooi dit met tregter in matwashouer en maak verder vol met warm water
Stofsuig jou matte eers goed voor jy dit was en na dit droog is, en natuurlik silwerskoon is, stofsuig dit weer!


Joey Badenhorst Lotter
HANDEROOM  
500 g Pink Speensalf
100 ml Glycerine
50 g Vaseline Camphor
100 ml Olyfolie
375 ml Elizabeth Anne's shampoo
Roos water 'n klein bietjie vir reuk
Meng alles saam en gebruik as handeroom baie goed vir skurwe vel
Jy kry regtig baie uit so 'n mengsel goedkoper as handeroom




Joey Badenhorst Lotter
SKROPBEHANDELING VIR VOETE
½ k suiker
¼ t papawersaad
¼ t koeksoda
Meng alles saam en gooi 'n paar druppels suurlemoensap by. Dit moet klam wees
Kan die papawesaad uit los. Smeer voete met die room wat ek opgesit het. Trek kouse aan sal jou voete nie ken die volgende dag. (Sag soos 'n babatjie se vel)




Helena Kruger
SKOTTELGOEDSEEP


500 ml kookwater

750 ml vloeibare skottelgoedseep

250 ml brandspiritus

250 ml suurlemoensap

5 liter koue water

Voeg die waspoeier by kookwater en roer dit tot 'n pasta. Laat afkoel. Los die skottelgoedseep, brandspiritus en suurlemoensap in die koue water op. Voeg die waspoeierpasta by en roer tot dit goed gemeng is. Bottel die opwasmiddel en verseël dit. Kosmater ♥





Helena Kruger
WASMENGSEL VIR KOMBERSE
675g waspoeier
250 ml brandspiritus
20 ml bloekomolie
Metode:
Bewaar dit in 'n digte houer. Los 'n koppievol van die seepmengsel in 'n bad water op en week vuil komberse 'n rukkie daarin.
Druk-druk die komberse dat dit goed deurweek kan word. Spoel komberse in skoon water uit en hang dit op om droog te word.
Nota: Die bloekomolie in die mengsel laat nie net die komberse skoon en vars ruik nie, maar verdryf ook silwermotte. Kosmater



Nicolien van Schalkwyk

KAKKERLAK-AAS:


1 gekookte eiergeel,

1 box Borix-acid.

Meng als goed saam, maak klein balletjies, laat droog word, plaas dit onder kaste.Dit werk regtig goed. 



MIERGIF

200 ml suiker
50 ml Borax (kry by apteek)
Sit bietjies van die mengsel uit waar miertjies voorkom, sodat hulle dit kan nes toe dra. As mens sien hulle staan sulke kringe om die stroop, is dit 'n goeie teken dat hulle dit geniet.
Sorg dat stroop altyd beskikbaar is. Mens sien nie onmiddellik resultate nie, maar na 'n drie tot vier weke begin jy agterkom daar is nie meer miere nie. Hulle dra die stroop nes toe, voer die ander miere en koningin daarmee en die hele nes vrek uit.
Dit is 'n uiters omgewingsvriendelike lokmiddel, geen gevaar vir kinders nie, maar dodelik vir miere.
Vir buite in tuin sit watte met mengsel aan in feta kaas houers en brand 3 tot 4 gaatjies in hulle kom gou ager en klim in om hul self te help kyk elke 3de dag en sit net weer stroop by die watte en hulle vernietig hulle eie nes op die manier.



Linda Nel

SKOONMAAK VAN SILVER JUWELE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/07/huishoudelike-skoonmaakmiddels.html
Vat n potjie met kookwater sit tinfoil onder in gooi n pakkie bakpoeier in en klein bietjie sout.as hy kook sit jewelery in en los vir 15 min.Dit werk vir enige silwer as jy nie salvo het nie!

How to clean silver without using expensive and chemically loaded silver polishes like Hagerty or Silvo:

What you’ll need:

1 cup of boiling water
1 tablespoon baking soda
1 tablespoon fine white salt
1/2 cup white vinegar
1 sheet of tinfoil, shiny side up
A bowl
Soft cloth

What to do:

Prep it

Boil the water. While it’s simmering up, line the bottom of the bowl with the tinfoil, shiny side up. Cover the entire bowl with tinfoil. Then, add the salt and baking soda to the bottom of the bowl. Add the vinegar slowly (prepare for the fizz) and mix everything together to dissolve the salt and baking soda. You want all the granules to dissolve so that they don’t scratch your pieces

Wait

Add the boiling water to your bowl and then gently drop each piece of silver in the bowl. Just let it sit, the chemical reaction does all the work for you. If you wish, you can flip them over with tongs, just to ensure that both sides get exposure to the tinfoil.

Polish

Take each piece out carefully, being sure not to burn yourself, and buff it gently with your polishing cloth. It is safer to do this with yellow dishwashing gloves on. You should start to see all the tarnish come off and all the original glory of your silver come back!



SEEPPOEIER VIR WASGOED


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/07/huishoudelike-skoonmaakmiddels.html
Iemand het n ruk terug n resep opgesit van jou eie was poeier. Ek het dit gemaak en ek wil vir julle se......ek koop nooit weer seeppoeier nie. Hierdie was pragtig skoon en dit ruik baie lekker!!
Hier is die seep poeier resep.
2 eetlp Lavender oil (cliks).. 
2.5 kg Borax. 
7x500g koeksoda. 
2x125g Wassoda. 
1 koekie sunligt seep, fyngerasper
Meng al die bestanddele goed deur. En daarsy!!
Ek skep sommer so handjies vol en gooi dit oor die wasgoed
Elma Beytell Tuisgemaakte geskenke




 


TUISGEMAAKTE WASPOEIER VIR WASMASJIENE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/07/huishoudelike-skoonmaakmiddels.html
As jy 2kg waspoeier meng met 1kg growwesout en 1 boksie koeksoda[500g] vermeerder jy nie net die waspoeier nie maar bly jou wasmasjien skoon binne

Geen Staysoft!BONUS:
Dit hou jou handoeke sag en vars
In plaas van versagmiddel[staysoft] gooi jy n halwe koppie wit asyn in die houer vir versagmiddel
Jou handoeke[en klere] kom babasag en reukloos daaruit





No comments:

Post a Comment