Thursday 8 August 2013

WORS AARTAPPEL EN TAMATIEPOT



WORS EN AARTAPPEL TAMATIEPOT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/08/wors-aartappel-en-tamatiepot.html
***Slow-Cooker
1kg wors in stukke gesny
2 Aartappels in kwarte gesny
2 Uie in stukke gesny
1 blikkie Tamatie Relish
2 e Groente soppoeier
1 k Hoender aftreksel
Sweet-Chillie sous
Sout en peper
Braai wors vinnig in pan en skep uit[ nie heeltemal gaar nie]
Kook aartappels in Mikrogolf oond vir so 15min
Braai uie in dieselfde pan van jou wors halfgaar
Slow-Cooker toe
Pak helfte van aartappels
Pak helfte van Wors
Skep helfte van Relish
Herhaal die lae tot bo
Maak die soppoeier aan in die 1k Hoenderaftreksel en gooi bo-oor
Plaas n paar klein Tamties half gesny bo op en Drizzel n paar skeute Sweet-Chillie bo-oor en stel jou pot op High vir 4h>>of 6h op Low..As jou sousie bietjie dun is maak so 2t Mielieblom aan en maak dit dikker**Bedien dit met rys of samp of net n lekker groenslaai*Of ons Vrystaters sal dit sommer op lekker Stywepap ook eet**Baie lekker Helena Kruger
 8/8/13


No comments:

Post a Comment