Saturday, 12 October 2013

BIERBLIK HOENDER



                                                            Foto>Recipethatfit                                                                                                                           
BIERBLIK HOENDER
Suzette Donadio Bubalo
Ek het pas dié op Huisgenoot se blad gekry: Die geheim van hierdie heerlike hoender: Terwyl die hoender buite bros braai, stoom die bier die binneste sagkens gaar.
Genoeg vir 4-6 MENSE
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 90 minute
1 heel hoender, verkieslik vrylopend 2-3 ml
(½ t) sout
30 ml (2 e) olyfolie
45 ml (3 e) vars gekapte kruie soos pietersielie, origanum en tiemie
45 ml (3 e) hoenderspeserye
1 blik (370 ml) bier van jou keuse sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Verwyder alle sigbare vet en vere van die hoender en geur die binnekant van die hoender met sout. Vryf die buitekant met olyfolie die vars kruie en hoenderspeserye in.
Neem twee of drie slukkies bier en druk die blikkie met die res van die bier in, in die maagopening van die hoender.
Maak die hoender staan in ’n swartpot of ketelbraaier en bedek met foelie.
 Braai die hoender sowat 90 minute op matige kole of tot gaar.*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/10/bierblik-hoender.html

Sonja Spreeth
My man maak dit gereeld vir ons op die Weber.
Hy vryf die hoender met 'n mengsel van suurlemoensap en olyfolie in en dan hoenderspeserye.
 Die bierblik moet ongeveer halfvol wees (steek ekstra gate in die blik bo).
 Hoender gaan dan met portenjorts oor bierblik Weber toe.* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/10/bierblik-hoender.html

No comments:

Post a Comment