Wednesday 20 November 2013

ASPERSIE BROOD



ASPERSIEBROOD

Kuierkos*
1 lang Franse brood
1 blik aspersies, gedreineer en in stukkies gesny
kookolie vir braai
2 groot ui, fyngekap
1 koppie sterk cheddarkaas, gerasper
1 houer (250 ml) vars room, styfgeklop
swartpeper na smaak
Sny die boonste deel van brood af (soos ’n deksel) en hol die res van die brood uit.
Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en braai die ui totdat dit deurskynend is. Skep dit dan onderin die uitgeholde brood.
Skep nou die aspersiestukke bo-op die ui, gevolg deur die kaas, geklopte room en swartpeper.
Sit die broodjie se “deksel” terug en draai dit in foelie toe. Bak dit vir omtrent 20 minute in ’n oond van 180ºC. Andersins kan jy dit sommer in die kole sit – draai dit net gereeld om.
Weg sê: Hoekom sal jy nou ooit weer gewone knoffelbrood maak, of, nog erger, een by die supermark koop?*Resep Sharyn Liebenberg* Foto Ruvan Boshoff * Lekker Resepte vir die Jongergeslag

No comments:

Post a Comment